Laurika Rauch

Volle naam: Laurika Rauch

Beroep/Veld: Sangeres

Plek van Geboorte: Kaapstad

Aantal jare ervaring: 33 (sedert haar eerste treffer in 1979)

Prestasies: Dubbele platinum-status vir haar CD 19 Treffers van 21 jaar (1999) en talle SAMA-toekennings

Google Hits: 277 000

Biografie:
Laurika is veral bekend vir Stuur groete aan Mannetjies Roux en Kinders van die wind van Koos du Plessis. In 1977 het sy as kelnerin gewerk toe sy vir Katinka Heyns, die regisseur van die TV-reeks, Phoenix & Kie, leer ken het. Sy het die titelsnit vir die reeks opgeneem en dit was oornag ‘n treffer. Sewe verskillende platemaatskappye het Laurika na dié lied genader. Sy het ‘n loopbaan in die onderwys opgegee om haar sangloopbaan te volg.

Skakels:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Giel van Wyk ·

Sy is pragtig en sing net so pragtig soos net sy kan doen.

Sylvia Siemens ·

Laurika jy is pragtig, ongelooflike talent, sielvolle mens, iemand wat ‘n glimlag bring,

pragtige musiek wat ‘n mens altyd kan luister na.

Tryna le Roux ·

Laurika bring die nostalgie van die gebore afrikaner in atmosfeer binne in ons woning saam met ons vriende en familie, haar liedjies bring ook die heimwee van my voorouers en die vreugde van my ouerhuis en die vrolike dae van ons as suid-afrikaaners se kuierdae terug in ons siele en gedagtegang. Haar stem is besonders en sy sing met hart en siel steeds elke dag en ons geniet dit.

Ons dank aan jou Laurika, jy is een van Suid-Afrika se skitter kunstenaars en vroue

Chris ·

Geen ander woord beskryf die icon as ” ongelooflik fantasties nie” sy is soos n wonderlike rooi wyn sy word net beter,beter, beste. – English fan

Carole Schulz ·

Die eintlike vraag is: As dit nie vir Laurika Rauch was wie die oorspronklike fakkel vir Afrikaanse sangers en liedjies aan die brand gesteek en gehou het nie, waar sou Steve en Juanita en Kurt en al die ander vandag gewees het? Was Laurika dan nie die 1ste Afrikaanse sanger om ‘n Nommer EEN treffer op die destydse Springbok Radio Top 20 te he nie… en dit ‘n Afrikaanse liedjie!!. Nee wat… as dit kom by die een eietydse ikoon met DIE grootste impak op die Afrikaanse sang en liedjie bedryf “there CAN only be ONE”. Ek weet daar is derduisende Laurika “fans” daar buite … tyd om jul stemme dik te maak sodat Laurika die eer kan kry wat haar toekom.

Chanel Terblanche ·

Daar is geen woorde om Laurika Rauch se in vloed op afrikaans te beskryf tot vandag toe doen sy nog baie vir afrikaans. As dit nie vir haar was waar sou afrikaans dan gewees het? Laurika verdien dit meer as enige ander. Ek staan 100% agter haar altyd!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.