Leon Schuster

Volle naam: Leon Ernest (Schuks) Schuster

Beroep/Veld: Vermaaklikheidsbedryf

Plek van Geboorte: Bloemfontein

Aantal jare ervaring: 37

Prestasies: Hier kom die Bokke het ʼn FNB Sama musiektoekenning gewen vir die meeste CD-verkope, die film Mr Bones verdien R33 miljoen, die Briekdans en Leon Schuster – 20 Treffers verkoop 270 000 albums en die Walt Disney maatskappy hanteer tans die verspreiding en bemarking van sy films.

Google Hits: 20 300

Biografie:
Suid-Afrika se komedie-koning spog met 14 films en 7 albums op sy kerfstok. Schuster is die man wat Suid-Afrikaners aan die lag kry. Sy films vind nie net aanklank plaaslik nie maar Yankee Zulu was ook ʼn lokettreffer in Duitsland waar dit net so gewild soos Bruce Willis se Die Hard with a Vengeance was. In 2004 word hy ingestem as die dertigste van die Honderd Grootste Suid-Afrikaners.

Skakels:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

michelle ·

Ek kan nie glo hierdie LEGENDE het so min stemme nie! Help my en “vote” vir Leon!!!!!

Paul ·

Ek stem saam met Michelle. Oor ‘n honderd jaar gaan Leon se films nog baie van die ander eietydse kandidate se doene en late uitoorleef! Hy verdien baie meer stemme as wat hy op die oomblik het!

Andries du Plessis ·

Ons nasionale grapjas wat alles so professioneel saamvat en almal se lagspiere deurentyd prikkel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.