Liewe Heksie

Volle naam: Levinia Heks

Beroep/Veld: Kindertelevisie-karakter

Plek van Geboorte: Blommeland

Aantal jare ervaring: 51

Prestasies: Sy kan soms vir Griet die perd te voorskyn bring; Sy het ‘n sterretjieskombuis

Google Hits: 132 000

Biografie:
‘n Fiktiewe karakter wat in 1961 deur Verna Vels geskep is. Die gewilde Afrikaanse televisiereeks is baseer op talle boeke wat Vels geskryf het. Vels het self die kenmerkende stem vir dié karakter en talle ander in die reeks verskaf. Sy is onbekwaam en vergeetagtig en leef saam met haar vriende in Blommeland. Haar beste vriende is Blommie, Matewis die kat en Karel Kat. Die Geel Heks en die Gifappeltjies is haar aartsvyande.

Skakels:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Andries du Plessis ·

Levina Heks het saam met my kinders groot geword en nou ook by my kleinkinders en nog steeds n treffer wat hulle verbeelding aangryp en vashou

JOAN WEST ·

Ek stem saam met Andries du Plessis. ” Haai Blommie, ek het nie geweet al die ou mense sal vir my stem nie. Hoe skaam kry ek nou. Ons moet vir hulle n groot partytjie gee dan kan ons ook vir koning Rosebaard en al die kabouters van blommeland nooi.”

Amanda van der Walt ·

Hehe, ek is mal oor die prestasies wat hierbo genoem word: “Sy kan soms vir Griet te voorskyn bring. Sy het ‘n sterretjieskombuis.” Heksie moet wen, want sy vat ons terug na ‘n tyd toe ons nie omgegee het of daar genoeg geld gaan wees nie, nie omgegee het oor die toekoms nie, maar net gewonder het wat heksie volgende gaan doen en wanneer Griet weer sy verskyning sal maak.

Christine Kraft ·

Ja! ek het saam heksie groot geword en wens hulle wil haar terug op tv sit vir my kinders ook, sy was ‘n treffer!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.