Man kritiek ná trok van brug af ry

Die vragmotor wat van die brug af gery het (Foto: Verskaf)

ʼn Vragmotorbestuurder, vermoedelik in sy 30’s, is in ʼn kritieke toestand na die hospitaal geneem nadat sy vragmotor Donderdag vanaf ʼn brug in Klerksdorp in Noordwes tot in ʼn rivier geval het.

Annine Siddall, ER24-woordvoerder, sê die voorval het by Tirisanolaan in dié dorp plaasgevind.

ʼn Passasier wat ook in die vragmotor gery het, het geringe beserings in die ongeluk opgedoen.

Siddall sê nooddienste het omstreeks 11:40 saam met brand- en reddingspanne by die toneel opgedaag waarna die twee mans uit die wrak bevry is.

“Hulle is op die toneel behandel en toe na ʼn hospitaal vervoer vir mediese sorg,” sê Siddall.

Plaaslike polisieowerhede was op die toneel om ʼn ondersoek van stapel te stuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.