Naas Botha

Volle naam: Hendrik Egnatius Botha

Beroep/Veld: Rugbyspeler (Noord-Transvaal en Springbokke) en -kommentator

Plek van Geboorte: Breyten, Transvaal (nou Mpumalanga)

Aantal jare ervaring: 32 (speel eerste Springbok-toets in 1980)

Prestasies: Botha se rekord as Suid-Afrika se grootste puntemaker op die rugbyveld het tot in 2004 gestaan toe Percy Montgomery die rekord gebreek het. Botha het meer as 16 000 volgelinge op Twitter.

Google Hits: 133 000

Biografie:
Botha was veral bekend vir sy skopvoet en het in die 28 toetse (1980-1992) wat hy as losskakel vir Suid-Afrika gespeel het 312 punte aangeteken. Hy het tussen 1977 en 1995 in 179 wedstryde vir die destydse Noord-Transvaal uitgedraf (in dié tyd het die span die Currybeker nege keer gewen). Hy is getroud met die voormalige Springbok-atleet, Karen Botha.

Skakels:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.