Die Grootste Afrikaner – Nominasies

Nomineer nou

Paul Kruger, Anton Rupert, M.E.R., Pik Botha, Piet Byleveld, Danie Craven, Katinka Heyns, Evita Bezuidenhout… Wie is die Grootste Afrikaner van Alle Tye?

Dít is die vraag wat Maroela Media wil beantwoord. Ons wil by jou, Afrikaner, hoor wie jy wil nomineer vir die gesogte titel, die Grootste Afrikaner van Alle Tye, en waarom dié persoon verdien om as ʼn Afrikaner-ikoon gesien te word.

Ons gaan dit oor die volgende paar weke uitstoei. Dit maak nie saak wat jou siening is oor wie as ʼn Afrikaner beskou kan word nie, ons koppel ook nie ‘n definisie daaraan nie. As jy dink die persoon verdien ‘n nominasie, staan dit jou vry om hom/haar hiervoor te benoem! Of die persoon reeds afgesterf is of nog lewe – enigiemand kan genomineer word. Elf kategorieë maak voorsiening vir van politici en akademici tot vermaakkunstenaars en fiktiewe karakters.

Ons gaan heen en weer gesels, kuier en stry. Jy kan kommentaar lewer op ander se menings en jou eie stuiwer in die armbeurs gooi.

Boonop gaan die tien finaliste dit by Aardklop uitspook – ons het groot planne hoe hulle dit gaan doen. Hou ons dop!

Bly ingeskakel: Die Grootste Afrikaner van Alle Tye, net hier op Maroela.

Nomineer nou

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.