‘Ons lewens is in gevaar,’ sê SAUK-voorsitter

Foto: Argieffoto

“Ons het ons lewens in gevaar gestel deur die verrotting in die sukkelende SAUK te ontbloot.”

Só het Bongumusa Makhathini, voorsitter van die SAUK, Dinsdag aan die parlementêre komitee oor openbare ondernemings en kommunikasie wat ondersoek instel oor die agteruitgang van die nasionale uitsaaier, gesê.

Hy het verwys na Thami Zikode, uitvoerende oudithoof van die SAUK, wat na bewering ʼn sluipmoordaanval in Junie oorleef het. Zikode was op pad werk toe, toe hy deur aanvallers agternagesit is en daar op hom geskiet is. “Dis bewyse dat daar mense is wat wil verhoed dat die SAUK-raad en -bestuur die ongerymdhede in die onderneming verder ontbloot.”

Verder het Makhathini gesê dat daar ook ʼn veldtog was om die raad se reputasie verdag te maak. “Die teenstand wat ons ervaar probeer ons ook in ʼn negatiewe lig in die media plaas. Maar as julle daardie hoofopskrifte sien, moet julle nie bekommerd wees nie. Alles is onder beheer.”

Hy het ook gesê dat die intimidasie en teenstand nie die beheerraad sal laat afwyk daarvan om hul pligte uit te voer en te doen wat die beste vir die SAUK is nie.

Die SAUK sukkel al ʼn tyd lank weens wanbestuur, met Yolande van Biljon, finansiële hoof van die SAUK, wat gesê het dat die uitsaaier op 30 Junie altesaam R1,8 miljard aan krediteure geskuld het.

ʼn Omkeerstrategie is in werking gestel en het die SAUK die afgelope boekjaar amper R1 miljard bespaar.

Die uitsaaier wag nog vir ʼn R3,2 miljard-reddingsboei van die regering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Deel van die omkeer-strategie is seker die geen wereld-beker-rugby nie! Sal graag wil weet waar die res van die honderde miljoene Rande kwansuis gespaar is, om die reddingsboeie van meer as R3 miljard te (probeer) regverdig?

Gert van Wierdapark ·

Hulle kry seker maar dreigemente oor die All Blacks-out van die WB-rugby!!! He-he-he!

Andries van den Berg ·

As mens na die stories kyk kan mens net jou kop skud ons kan nie toe laat die land agter uit gaan nie ons moet iets doen ek wil by julle christelike boek klub aan sluitù

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.