Ontmoet Piet Retief

Goewerneur van die emigrante en leier van ‘n trek tydens die Groot Trek.

Ek is nou 57 jaar oud en is voorheen van die mooie Mooimeisjesfontein, voordat ek met ‘n groepie trekkers die binneland in vertrek het. My kinders is Debora (23), Jacobus, Magdalena en Pieter Cornelis, wat saam met my Umgungundlovu toe sal gaan. My vroutjie is Magdalena (46), vir wie ek baie lief is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

13 Kommentare

Dr JC van der Walt ·

Waarom het Goewerneur Pieter Retief nie die traktaat wat hy met Dingaan gesluit het, nie self onderteken nie??

Dingaan het die traktaat onderteken, drie Zoeloes het geteken en vier Voortrekkers het onderteken, maar Pieter Retief se handtekening ontbreek. Wat sou die rede wees. Pieter Retief was ‘n ernstige briefskrywer en baie puntenerig oor sy korrespondensie. Wie weet, asseblief!

Kobus Bezuidenhout ·

Ons het vir dr Jackie Grobler (ons historikus wat help met die feitelike inligting rondom die projek) gevra en sal jou laat weet sodra ons van hom ‘n antwoord kry!

Dr JC van der Walt ·

Ek is Lenie Retief, die weduwee van Goewerneur Pieter Retief wat so wreed deur Dingaan vermoor is. My seuntjie, Cornelis het saam met sy pa gesterf. Ek is brandarm want Pieter het al my erfgeld met sy mislukte transaksies verkwis. Hy het meer as 83 000 rijksdaalers geskuld toe hy in 1814 met my getrou het. Weens dronkenskap by sy kroeg, het die regering in 1819 sy dranklisensie gekanselleer. Retief het selde sy skuld betaal en tussen 1823 en 1824 was hy twintig keer vir skuld gedagvaar. Hy sweer VALS voor Heemraad Miles Bowker dat hy niks besit nie. In 1824 word al ons goed verkjoop insluitende sy resiesperd, “Tempest” sowel as my klavier, my juwele en plaasimplemente. Die opbrengs was nie genoeg om Pieter se skuld te delg nie.
Nou help die Volksraad my om te oorleef. Ek bak beskuit vir hulle vergaderings. Wat het van my erfporsie van 5 000 rijksdaalers geword??

Dr JC van der Walt ·

Ek is Lenie, die weduwee van Pieter Retief. Ek moet julle van my swaarkry-dae vertel. In 1826 koop Pieter 141 skape en 30 bokke op krediet by ‘n slavin, Maria. Hy het ‘n skuldbewys vir 249 rijksdaalers onderteken. Joseph van Dyk, die slavin se eienaar het later by die beskermer van slawe in Kaapstad gaan kla dat Pieter weier om die slavin te betaal. Ek het ook gepleit dat hy die slvin moet betaal, maar hy wou nie.Sy is nooit betaal nie.Gedurende 1827 en 1833 is Pieter meer as sestig keer in die hof vir skuld gedagvaar. Verdere vandusies het gevolg voordat Pieter finaal bankrot verklaar is.Toe Pieter nie vir HJ Heath vir Franse brandewyn kon betaal nie, soek hy die geld by my. “Ek het geen geld in die huis nie,” was my antwoord. In 1832 verklaar die magistraat, Kaptein Duncan Campbell, vir my man as “nulla bona” en Pieter word in die tronk vir sy onbetaalde skuld, opgesluit. Ek was so skaam.

Dr JC van der Walt ·

Ek is Lenie Retief. Nadat Dingaan my man en my seuntjie Cornelis so wreed vermoor het, was ek brandarm hier in Pietermaritzburg. Ek het op 7 November 1839 ‘n memorie aan die Volksraad gerig om te se ek is oud en arm en dat een plaas aan my toegeken moet word. My versoek is toegestaan. Op 30 Oktober 1843 het die Volksraad my uiteindelik 94 rijksdaalers betaal vir 47 baksels beskuit en brood wat ek vir hulle gebak het. Dit het my geldnood verlig. Ongelukkig betaal hulle ner twee rijksdaalers per baksel, terwyl een skaap drie rijksdaalers kos.

Dr JC van der Walt ·

Ek is Lenie Retief. Op 4 Junie 1844 pleit die heer Boniface voor die Volksraad, dat die weduwee van die Ontsterfeglyke Pieter Retief reeds drie jaar gelede ‘n pensioen belowe is. Ongelukkig word hy meegedeel dat “de kas op dit oogenblik te arm was om eenige consessie van die natuur te doen.” Voordat ek met die brandarm Pieter Retief getrou het was ek ‘n ryk weduwee. Pieter het my hele erfposie verkwis.

Dr JC van der Walt ·

My naam is Lenie Retief. Dit is 1852 en ek woon nou in Potchefstroom. My man se boedel is twaalf jaar na sy dood afgehandel. Soos ek gevrees het, was Pieter Retief totaal bankrot toe Dingaan vir hom en ons seun Pieter Cornelis so wreed vermoor het.. Pieter Retief het soms soos ‘n ryk man geleef met sy ingevoerde resiesperd, Tempest. Hy het aan die Resiesklub van Albanie behoort. Tog het hy met skuld gewoeker en ander mense se geld verloor. Hy het deurgaans geld by oujongnooiens, weduwees en van sy Vrymesselaar-vriende geleen. Benjamin Norden het juis al Pieter Retief se skuld betaal om hom uit die tronk te kry. Ongelukkiig het Norden slegs ‘n klein gedeelte uit Pieter Retief se bankrotboedel verkry. Die goeie nuus is dat die Volksraad uiteindelik besluit het om my ‘n maandelikse pensioen van 40 rijksdaalers te betaal. Dis maar min geld en is gelykstaande aan die waarde van slegs drie slagskape. Ek bak nog steeds brood en beskuit vir ander mense om te oorleef!

Dr JC van der Walt ·

Ek is Lenie Retief. Gedurende 1832 was on finansiele posisie desperaat.Pieter kon nie eens vir sy vriend, Benjamin Norden betaal vir 58 ou Madeira wyn nie.Op 28 September 1832 het die bode van die hof, TH Hales, al ons huidelike goed as te koop aangebied in die Grahamstown Journal. Ek was skaam daaroor. Gelukkig is Pieter ‘n werk aangebied as ‘n toesighouer in die regering se bos, Coeremoe. Pieter was baie uithuisig en ek het gehelp waar ek kon. Ongelukkig was hy so erg nalatig dat die magistraat hom op 8 Oktober 1833 ontslaan het.

Ek is skaam om te se, maar Pieter Retief was by veskeie oneerlike transaksies betrokke. Hy het op bedrieglike wyse die afmetings van sy erwe in Grahamstad vergroot. Hy is uitgevind nadat die regering twee erwe opgemeet het. Kolonel Henry Somerset skryf die volgende aan aan Landdros Jacob Cuyler:”Meneer Retief het hom wangedra en dit was onwelvoeglik van homom die regering te bedrieg.”

Dr JC van der Walt ·

Ek is Lenie Retief. Die Engelse regering het baie gedoen om my man, Pieter Retief, uit sy finansiele verknorsing te help. Pieter het besluit om die regering met ‘n skema te nader om ons huis in barakke vir die soldate om te skep. Op 11 Maart 1822 skryf Luitenant-kolonel Maurice Scott:” Ek verstaan dat Pieter Retief se finansiele posisie uiters benard is. Hy beskik oor geen ander middel om homself uit hierdie vuur te kry as om die huidige aanbod van die regering te aanvaar nie.” Op 7 Mei 1822 het die regering ‘n kontrak van 40 000 rijksdaalers aan Pieter toegestaan vir die konstruksie van die barakke. Op 6 Julie 1822 het die regering ‘n verdere kontrak van 25 000 rijksdaalers met Pieter vir die bou van ‘n drosdy gesluit. Ongelukkig bedrieg Pieter die regering met 10 0000 rijksdaalers deur dubbel fakture vir werk gelewer, uit te reik. In Augustus het die regering die bedrog ontdek, maar teen hierdie tyd het Pieter reeds al die geld verkwis.

Op 25 Maart 1823 skryf Luitenant-kolonel Maurice Scott:”Ek kan u verseker dat dit met groot spyt isdat ek, namens die regering, ‘n kontrak met ‘n man sonder enige beginsels hoegenaamd, aangegaan het; dit was my ondervinding met Retief.”

Dr JC van der Walt ·

My naam is Lenie Retief. Ek het my man, Pieter Retief verskeie kere gemaan om nie oneerlik te wees nie. Hy het veral ou-jongnooiens en weduwees met geld bedrieg. Hy het sy slaaf, Jack van Mosambiek, aan verskeie krediteure asook die weduwee, Thalman, vir kontant verpand. Vir twintig jaar het Retief sy krediteure ontwyk deur valse verklarings onder eed aan die bode van die hof, af te le.Sy familie het selfs die Engelse bode van die hof met geweld uit ons huis gegooi. Tydens ‘n vergadering van Pieter se krediteure op 26 Junie 1834 meld die prokureur, George Jervis: “Hierdie boedel is reeds vir vyftien jaar insolvent. Tot my groot verdriet word my man, Pieter Retief op8 Oktober as bankrot verklaar en hy besluit om by die Groot Trek aan te sluit.

Dr JC van der Walt ·

My naam is Lenie Retief. Nadat my man, Pieter Retief, besluit het om by die Groot Trek aan te sluit, het sy kediteure op ons toegesak. Almal het hul geld ge-eis.Net voor ons vertrek het John Mandy, die eienaar van die Freemason’s Lodge in Grahamstad, vir Pieter in Januarie 1837 gedagvaar vir 228 rijksdaalers: “vir drank, losies en vermaaklikheid aangebied en verskaf op versoek deur Pieter Retief.” Op 1 Februarie 1837 skryf Pieter ‘n brief aan Sir Andries Stockenstrom en hy blameer die regering., “wat my welvaart ontneem het.” Op dieselfde dag ontwyk Pieter nog ‘n skuldverhoor in die hof. Op 2 Februarie dros my man vanuit sy pos as Veldkommandant en sy beroemde manifes word op dieselfde dag in die Grahamstown Journal gepubliseer.
Sir Andries Stockenstrom ontslaan vir Pieter Retief op 6 Februarie 1837 en presies een jaar later vermoor Dingaan vir my man en ons seuntjie, Pieter Cornelis in Zoeloeland.

Ryza Sadler ·

Waarom is al die bogenoemde “feite en skrywes” nou eers bekend? Dr JC van der Walt, sal graag wil hoor van jou in die verband. Ek is van Empangeni en het gereeld van jou artikels gelees in di Zululand Observer.

Dr JC van der Walt ·

Die WAARHEID oor Pieter Retief is sedert die sestiger jare bekend toe RE Kenny in die argiewe in Kaapstad navorsing oor die lewe van Pieter Retief gedoen het. Die resultate van sy navorsing verskyn in Piet Retief, The Dubois Hero.
My eie navorsing soos gepubliseer in ZULULAND TRUE STORIES is ook in die argiewe gedoen en wys op bedrog, vervalsing en wanbetaling aan Retief se krediteure. Retief was slegs vir nege maande die leier van die Groot Trek na Natal. Op 21 Julie 1837 het hy ‘n brief wat hy en Gerrit Maritz gesamentlik aan Goewerneur Sir Benjamin D’Urban geskryf het, agter gehou en ‘n soortgelyke brief vervals.
Elke volk op aarde romantiseer sy helde. Afrikaners doen dieselfde. Tog het ons helde soos Pieter Retief, Andries Pretorius, Hans Dons de Lange,Stephanus Schoeman en MW Pretorius wel voete van klei gehad. Hulle het hulleself nie as voorbeeldig voorgehou nie. Hierdie ongemaklike waarheid het my slapelose nagte gegee voordat ek die feite gepubliseer het. Dr JC van der Walt

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.