Ontploffing by fabriek, verskeie beseer

(Foto: ER24)

Vier mense is Maandagmiddag beseer in ʼn beweerde ontploffing by ʼn fabriek in Wynberg, Sandton. Een van die beseerdes is in ʼn kritieke toestand.

Paramedici van ER24 sowel as Johannesburg se brandweer- en reddingsdienste het by die fabriek opgedaag en twee pasiënte buite die fabriek aangetref. Verskeie ander pasiënte was steeds in die fabriek.

Volgens paramedici het een man verskeie ernstige brandwonde opgedoen terwyl drie ander mense minder ernstige brandwonde opgedoen het.

Die beseerdes is op die toneel behandel en die kritiek beseerde is van gevorderde lewensondersteuningsingryping voorsien. Die beseerdes is na nabygeleë hospitale vervoer vir verdere behandeling.

Die besonderhede rondom die voorval is nog nie bekend nie, maar owerhede was op die toneel om verder ondersoek in te stel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.