Paul Kruger

Volle naam: Stephanus Johannes Paulus Kruger

Beroep/Veld: Voortrekker, Soldaat, Politikus en President van die Zuid-Afrikaanse Republiek

Plek van Geboorte: Bulhoek, Kaapkolonie

Aantal jare ervaring: 68

Prestasies: Die Nasionale Krugerwildtuin en Krugersdorp is na hom vernoem, sowel as die Krugerrand munt. Standbeelde van hom staan op Kerkplein in Pretoria en by die Krugerhek van die Nasionale Krugerwildtuin. Talle strate in Suid-Afrika, Nederland en Vlaandere is na hom vernoem.

Google Hits: 1 020 000

Biografie:
‘Oom Paul’ het van jongs af ‘n besonder hoë intelligensie getoon. Tydens Potgieter-trek neem hy deel aan die  Slag van Vechtkop. Een van die offisiere wat Andries Pretoriusna die Oranje-Vrystaat vir die ondertekening van die Sandrivier-konvensie  vergesel het. Help om die Grondwet van Transvaal van 1858 op te stel. In 1880 word hy verkies as onder-president as deel van die Driemanskap deur die Volksraad en in 1883 die verkose president van die Zuid-Afrikaansche Republiek. Hy is vier keer tot president verkies, die laaste keer in 1898. In 1900 reis hy na Europa om simpatie en hulp van buitelandse leiers te bekom. Hy sterf in Clarens aan die Geneefse meer, in 1904.

Skakels:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Riane Venter ·

Oom Paul was n staatsman by uitnemendheid met n wysheid wat sy generasie ver vooruit was. Hy was n Godsman met diep Christelike oortuigings. Hy het n jong swart man op sy eie koste na Holland gestuur om te gaan studeer. Voor groot besluite het hy alleen op die koppie by sy huis met sy Bybel gebid vir leiding..Wat hy vir die Afrikanervolk en sy land gedoen en beteken het, kan nie in n paar woorde beskryf word nie.

Kobus ·

Die Krugerrand is steeds die mees gesogde belleggingsitem ter wêreld.

Cornelius Jansen van Rensburg ·

Paul Kruger toring uit bo alle ander Afrikaners. As jong man was hy deel van die groot trek en het hy eerstehands die avontuur en hartseer van die Voortrekker-era ervaar, dit was egter die norm vir al sy tydgenote. Dit is nie net sy onbaatsugtige diens teenoor die Transvaal se republiek wat hom laat uitstaan nie maar ook die christelike-waarde gedrewe wyse waarop hy die ZAR se onafhanklikheid verkry en verdedig het. Die wyse waarop Kruger vriend en vyand hanteer het getuig hiervan. Sy versoenende reaksie op die lede van die Jameson inval is ‘n duidelike voorbeeld. Vandag word Nelson Mandela as ‘n groot rolmodel geag, maar dit was Oom Paul wat werklik die eerste staatsman van Suid Afrika was. In sy jonger dae as militêrehoof van die ZAR het Paul Kruger help orde en vrede handhaaf tussen die swart stamme en Afrikaners. Ja, daar was gereeld botsings met die stamhoofde aan die begin gewees maar het hulle agting en respek vir Kruger gehad. Mamelodi (die fluitende man), was sy noemnaam onder swart mense en die verwysing deur sommige swartes na hom as hulle “pa” bevestig Paul Kruger se houding dat hy ‘n verantwoordelikheid teenoor alle Suid Afrikaners gehad en aanvaar het. Daar is verskeie menings oor sy rol as president, maar dit is baie duidelik dat hy ‘n enorme bydrae gelewer het vir die latere ekonomiese onwikkeling van Suid Afrika. Hiervan is die Bosboubedryf in Mpumalanga, die Nasionale Park wat vandag sy naam dra, die Delagoabaai-spoorlyn asook die vindingryke wyse waarop hy industrialiste na die ZAR gelok het sprekende voorbeelde. Gaan loop op Kerkplein, en sien daar die Republiek van Paul Kruger. As staatsman het hy die Boere-saak op die internasionale verhoog geplaas en deur sy politieke vernuf gedryf deur sy christelike-waarde beskouing het hy menig maal spanning tussen die Republieke en die Empire ontlont, soveel so dat hy meer as een keer die wêreld aan sy voete gehad. Niks getuig meer hiervan as die triomfantlike verwelkoming wat hy in Europa ontvang het toe hy uit Afrika moes vlug nie. Daar was ‘n tyd voor die oorlog toe Paul Kruger van Kaapland tot by die Soutpansberge as die onbesproke vader van die Afrikanervolk geag was, ongelukkig kon hy vir baie redes nie uiteindelik Suid Afrika verenig nie. As ‘n mens sy lewe beoordeel en sy opleiding en die konteks waarin hy geleef het in ag neem swel jou bors van trots. Nog nooit, voor hom of na hom , was daar nog so ‘n Afrikaner soos Paul Kruger nie. Die groot impak wat hy gehad het op ons lewens is vandag nog te siene, dit is egter maar net die lang skaduwee van die lewe van ʼn baie groter Afrikaner. Die grootste ooit!

Die Vrye Fries ·

Dalk effens oorgewaardeer. Sy administrasie was nie vry van nepotisme nie, en hy het nie op die vlak van ‘n M.T.Steyn tydens die Vryheidsoorlog presteer nie. Maar die geskiedenis was hom genadig. Dalk omdat hy die simbool van sy mense se swaarkry geword het. Hy hoort onder die top 10

Andries du Plessis ·

Paul Kruger was kerkman, staatsman en krygsman by uitstek

Amanda Hanekom ·

Stem saam met Riane. Hy was beslis ‘n ikoon. Nie sonder foute nie, maar wie is? As ons Afrikanervolk maar almal sy geloof in die Allerhoogste gehad het, sou dit met ons baie beter gegaan het.

Jan Muller ·

Oom Paul Kuger was een van die groot staatsmanne van die vorige eeu,hy sou vandag vir ons goud werd gewees het om ons uit hierdie gemoers kon red.

JC Klok ·

President Paul Kruger wasa die verpersoonliking van die Boere se onwrikbare strewe na vryheid. Hy het eerder die magtigste wereldmoontheid van sy tyd, Groot Brittanje aangevat as om die knie te buig voor afdreiging. Hy was diep gelowig en daarvan oortuig dat die Boere se saak reg was. Hy was ‘n inspirasie vir sy volk.

Japie Alberts ·

Oom Paul was sekerlik een van die grootste staatsmanne wat Suid-Afrika nog opgelewer het.
Op sy unieke manier en met sy onwrikbare geloof in God het hy die Afrikaner deur moeilike tye gelei en vir niks en niemand gestuit om sy ideale vir sy land en volk te verwesenlik nie. Ek is daarvan oortuig dat Oom Paul selfs vir vandag se probleme met ‘n paar eenvoudige, praktiese oplossings vorendag sou gekom het. Hy sou ten minste ‘n Godvresende Kabinet gekies het.

Eugene van Niekerk ·

Hy was my oupa grooitjie se beste vriend. Hulle was saam in die Kabinet. Hy het een van sy seuns na my oupa grooitjie vernoem. Hy was die eerste man wat in die helde akker in Pretoria-wes begrawe is Gerrit van Niekerk Hoof van die Zuid Afrikaanze Politzei.

Braam Olivier ·

Paul Kruger was die mees stanvastige Christen Staatsman wat ons ooit geken het. Hy het altyd met suiwer oordeel, visie en deurnis opgetree. Hy was geduldig en het geglo die regte tyd vir die regte daad. Dis nie verniet dat ons ‘n nasionale vakansiedag gehad op sy verjaarsdag, wat gevier was van die Kaap, oor die Vrystaat en Transvaal, tot in Natal. “n Man met karakter, durf en daad ! Ek salueer hom.

Johan Potgieter ·

Oom Paul is die verpersoonliking van die Afrikanervolk

Anita ·

Die grootste staatman.
Gedduldig, die regte tyd vir die regte daad. Dit was ook n publieke vakansiedag met sy verjaarsdag.Oom Paul was ook ‘n diep gelowige.

Ds Danie Malan ·

Hy kry my stem omdat hy onkreukbaar was en getuig het dat hy ook op Staatkundige gebied die ewige beginsels van God se Woord erken en bely.

Petro du toit ·

Maak nie saak hoe oud jy is nie vra net ek hulle sal jou se wie Paul Kruger was

Daniel Jacobs ·

Gustav Preller vertel in sy boek Oorlogsoormag en ander Sketse en Verhale,
hoe Paul Kruger tydens die beleg van die Makapansgrotte in die 1850’s sonder
toestemming van die bevelvoerder een nag – nadat baie van Makapan se
volgelinge al dood was van die honger en dors – in die grot ingegaan het om
die oorlewendes met ‘n slenterslag te probeer oorreed om oor te gee. Omdat
dit so donker was en hy hulle taal so goed kon praat het hulle aanvanklik
nie agtergekom dat hy een van hulle vyande was nie. Hy het toe aan hulle
voorgestel dat hulle moet oorgee omdat die blankes nie meer die grot se
ingang bewaak nie. Hulle het egter op ‘n stadium agtergekom dat hy een van
die vyand was en toe uit die grot gevlug. Paul Kruger het later jare oor die
insident gesê dat hy “nie in die spelonk gekruip’t om ‘n kordaatsruk uit te
haal nie, maar alleen omdat ek ‘t nie oor my hart kon kry om die arme
skepsels daar so verskriklik te laat ly en deur ‘n gestadigde dood laat
omkom nie. – Maar ek het byna klop gekry van my kommandant-generaal, daar hy
gemeen ‘t dat ek my lewe nodeloos en te veel gewaag’t.”

In Johannes 15:13 staan mos: “Niemand het groter liefde as dit nie:
dat hy sy lewe vir sy vriende aflê.” Hoe groot moet die liefde dan nie
wees van die een wat bereid is om sy lewe vir sy vyande af te lê?! Ek
wonder of daar in die annale van die wêreld se geskiedenis nog so ‘n
storie is? (vir nog minder bekende insidente in Kruger se lewe sien http://www.gendata.co.za)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.