Ramaphosa: Staatskaping kos SA R500 miljard  

Pres.Cyril Ramaphosa praat met joernaliste in Londen. (Foto: Jairus Mmutle/GCI)

Pres. Cyril Ramaphosa het Maandag tydens die Financial Times Africa Summit in Londen erken dat staatskaping die land ongeveer R500 miljard gekos het. Ramaphosa het die hooftoespraak op die beraad gelewer.

Hy het ná afloop van die toespraak aan joernaliste bevestig dat stappe gedoen sal word om dié wat hulself skuldig gemaak het aan korrupsie, aan die pen te laat ry. Die Suid-Afrikaanse regering het onlangs agt lande genader, waaronder Kanada, Switserland en Indië, om die Gupta-broers uit te lewer sodat hulle in Suid-Afrika vervolg kan word op aanklagte van korrupsie.

Tydens die toespraak het Ramaphosa erken dat Eskom die grootste uitdaging vir die Suid-Afrikaanse ekonomie is, met miljarde se skuld en talle operasionele uitdagings. “Ons het begin met ʼn proses om koste te bespaar, skuldinvordering te verbeter en energie meer geredelik beskikbaar te stel,” het Ramaphosa gesê. Hy het ook gesê ʼn plan vir Eskom se skuld sal binnekort bekendgemaak word en volgens Fin24 gesê hy hoop die Moody’s-graderingsagentskap neem kennis daarvan.

Ramaphosa het ook gesê die regering is besig met bespoedigde grondhervorming, in ʼn poging om “een van die grootste onregte van die apartheidsregering reg te stel”. Hy voer aan dat dié grondhervormings strook met aanbevelings deur ʼn paneel van kundiges.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Waarheid ·

Ons weet dit. Dis ou nuus.
Vraag is wat gaan jy daaromtrent doen ramapaddapot?
Nog n komittee aanstel?
Asseblief..jy is n lost case.
Stem de klerk en roelfie saam?
Julle het mos vas geglo in hierdie “helde”!

Waaier ·

Dit is genoeg rede om ‘n gemoedsbekaping oor te kry, maar dan is dit beter om eerder te net emigreer.

hendrikEn ook nie dat hy vir vyf jaar vise- president ·

En ook nie dat hy vir vyf jaar vise president en amper twee jaar president was nie.

George in Bloem ·

En natuurlik moes die gerieflike ou Apartheid darem ook aan die groot klok gehang word as ‘n weerligafleier. Feit is die korrupsie en gestelery gaan voort en nog nie een dief is tronk toe nie,nog nie eers aangekla nie. En oor die kamtige “invordering van Eskom se skuld” kan ek maar net lag. Laat hy so blatant kan staan en lieg voor die hele wereld. Skaam jou. Soweto se ligte brand nog baie helder en hulle skuld Eskom steeds miljarde? Nee wat ou gladdebek,vertel maar jou feeverhale vir die wat wil glo daar. Ons wat hier bly ken die treurige harde waarheid van jou en jou patetiese ANC “regering”. Swak onbevoegde korrupte spul narre.

remondo ·

maar natuurlik word die ou perd weer opgesaal….kan mos nie HULLE skuld wees nie….

Swartwolf ·

En al die jare wat hy die adjunk president was en langs Zuma gewerk het was hy in ‘n koma so hy vind nou eers daarvan uit.

Jimmy ·

Ramaphosa probeer probeer Moodys, maar intussen sak Fitch en S&P se graderings van die land verder in die rooi. Eersgenoemde se reputasie is nou in gedrang.

marous ·

Staatskaping se voet . Dis is vooraf beplande diefstal en dit gaan elke dag voort . Onherstelbaar opgefoeter en hy weet dit goed.

Lewis ·

Ek kom agter dat hulle die woord “staatskaping” gebruik om die verwoesting van SA se instellings in watte toe te draai. Soos ‘n mens sonde in watte toedraai. Noem hierdie onreg by die naam, sodat almal kan hoor en presies weet waaroor staatskamping nou eindelik gaan. Daar moet dus ‘n ander naam vir hierdie onreg teen die inwoners van SA gekry word.

skurweberg ·

Staatskaping vs apartheid. Watter een gaan wen? gaan dit oor ‘n gewigsfaktor?

Semanet ·

Hoekom vertel hy nie dan ook dat al die korrupsie en wanbestuur deur ons sal moet opgedok word nie. Ek wens so dat ek kan padgee uit die land !

remondo ·

liedjie gaan nou deur my kop …’HOW THE HELL CAN WE BELIEVE YOU>>>>>>>>’
Selfde geneul oor en oor , arresteer iemand , kry die geld terug DAN brag jy

Jeremia ·

Staatskaping – is dit wat mens hierdie aanhoudende plundery probeer noem?
Sit daar al enige iemand agter tralies?
En die bedrag klink maar baie verdag.

John ·

… en kapings duur voort. Hoe CR skaamteloos dit kan erken sonder dat enige daadwerklike aksies en inhegtenemings plaasgevind het. Hoekom is die Guptas toegelaat om die land te verlaat? Die Kommissie wat sit en sit en sit en binnekort het regter trom-bose en dan begin ons weer voor. 20 jaar en Zuma sal weer vandag uitstel kry. Maar ons soek nie enige hulp van die buiteland nie, net beleggings. Wat is beleggings anders as koebaai-geld (Koebaai en Dubai rym toevallig(?)).

Judge Dredd ·

Staatskaping kos baie meer – wat hy eintlik se is dat daar ongeveer 500 miljard is wat sy regering nie hul handjies op kon kry.

Kol ·

Maar die land moet van armoede gered word en die ouens gebruik geld vir toilet papier.

Judge Dredd ·

Grondhervorming?
Wie het die kundiges aangestel?
Hoekom is geskrewe bydrae geignoreer?
Maak nie saak wat die kundiges se – die Grondwet se anders……..

Karolis ·

Niemand sal erken dat daar tot dusver ook gelieg is rondom die skuldbedrag van eskom.

JohanR ·

Rerig my President! Maar as adjunk-president het jy geweet daar gaan staat kaping aan, en het ABSOLUUT NIKS gedoen, of gese nie. Was die President-skap te aantreklik om golwe te maak, soe jy het maar jou bek gehou?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.