Soorte resepte:

Resep: Piesangbrood met hawermout en rosyne

Piesangbrood met hawermout en rosyne (Foto: Gerrit Steyn)

Maroela Media-leser Gerrit Steyn sê hierdie resep is heerlik en iets nuuts om te probeer.

“ʼn Lekker piesangbroodjie met gaar hawermout en rosyne. Vir dié resep benodig jy ook net twee piesangs,” sê hy.

Stuur vir ons jou lekker resep hier.

Bestanddele

  • 2 k koekmeel
  • 1 t bakpoeier
  • 2 eiers
  • 1 k wit suiker
  • ½ k bruinsuiker
  • ½ t sout
  • 2 fyngedrukte piesangs
  • 1 k stywe gaar hawermout
  • 1 k rosyntjies (geweek in ’n koppie kookwater vir 10 minute waarna die water gedreineer is)
  • ½ k olie
  • 1 t vanieljegeursel
  • ¼ t neutmuskaat
  • ¼ t kaneel
  • ½ k melk
  • 1 t koeksoda (gelykvol)

Metode

  1. Voorverhit oond tot 150 °C.Voer die onderkant van ’n broodpan uit met bakpapier. Smeer of spuit die broodpan en bakpapier met kleefwerende middel.
  2. Meng die piesangs met gaar hawermout (afgekoelde stywe hawermout; dit moenie loperig en sag wees nie)
  3. Klits die eiers en suiker goed saam.
  4. Voeg olie, vanieljegeursel, neutmuskaat, kaneel en sout by.
  5. Meng melk en koeksoda, en voeg bietjie vir bietjie by die mengsel. Roer na elke byvoeging die mengsel goed deur.
  6. Voeg fyngedrukte piesangs, hawermout en rosyntjies by en meng goed.
  7. Voeg gesifte koekmeel en bakpoeier by. Roer goed deur maar moenie oormeng nie.
  8. Giet in gesmeerde broodpan.
  9. Bak vir 70 minute tot die broodjie bruin is aan bokant. (Vir ʼn brosser kors aan die buitekant kan dit selfs ʼn bietjie langer bak)
  10. Haal uit die oond en laat dit afkoel vir sowat 10 minute.

Wenke:

  • Bêre die broodjie toegemaak met kleefplastiek in die yskas.
  • Geniet saam met botter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.