Riaan Cruywagen

Volle naam: Adriaan Johannes Cruywagen

Beroep/Veld: Uitsaaiwese: radio en televisie

Plek van Geboorte: Johannesburg

Aantal jare ervaring: 37

Prestasies: Cruywagen is die langste in diens as televisienuus-aanbieder by die SAUK. Hy is as ʼn Afrikaanse ikoon deur die ATKV aangewys, het ʼn toekenning vir die bevordering van Afrikaans van die Rapportryers ontvang en die Edgarsklub wys hom as die beste manstelevisie-aanbieder aan.

Google Hits: 75 200

Biografie:
Riaan Cruywagen is die Rolls Royce van omroepers. Hy deel daagliks die nuus op televisie in uitstekende Afrikaans. Hy is bekend daarvoor dat hy nuusbulletins vooraf instudeer en met absolute professionaliteit aanbied. As Riaan die Afrikaanse nuus gelees het, kan jy dit maar as geloofwaardig beskou. Hy het ʼn lojaliteit aan die Afrikaanse taal en is die toonbeeld van toewyding aan die uitsaaiberoep.

Skakels:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Eugenie Douglas ·

Sjoe! Hierdie is ‘n man van staal, van durf en daad. Om die nuus elke aand op so ‘n wyse deur te gee, deel van ons huishoudings te wees, sonder om politiek te gesels. Ek hoop dat hy sal wen! Riaan Cruywagen is ‘n bittereinder en ek is trots om te sê dat ek ‘n Afrikaner is, bloot omdat hy een is.

Anna Mulder Kriel ·

Ek glo in my hart dat Riaan gaan wen. Ek ken Riaan al my hele lewe, hy ken my nie. Hy was die orrelspeler in ons kerk, so ek ken hom deur sy fantastiese orel speel en van sien by die kerk. Toe tv begin was hy Haas das se Nuuskas. Vandaar is Riaan altyd in die prentjie en ek is trots om te se ek weet wie hy is en hy is en ek is trots om ook sel ‘n Afrikaner te wees. Ek hou duim vas Riaan!!!!!

Andries du Plessis ·

Riaan is eenstuk Afrikaans gesind. Hy is waarlik aangewese om die die prys te wen en verdien dit deur en deur oor soveel jare vanaf ons eerste Afrikaanse nuusleser op SAUK TV tot nou nog en hy doen dit so profesioneel

Ritha Vorster ·

Riaan is ‘n voorbeeld vir baie van ons…hy is waarlik n Afrikaner in murg en been.

Sylvia Siemens ·

Asseblief nie, iemand is duidelik die kluts kwyt, Afrikaner my voet!

Dalene Jordaan ·

Riaan Cruywagen was daar vandat ek kan onthou en gaan seker nog wees totdat ek nie meer kan onthou nie (Alzheimer begin intree op enige ouderdom vanaf 55 plus;-)) en daarom stem ek vir hom as die Grootste Afrikaner van Alle Tye!

Ds Danie Malan ·

Dis (tong-in-die-kies) opvallend dat die meeste persone wat positiewe kommentaar lewer van die skoner geslag is – seker maar omdat Riaan ook “sag op die oog is”. Maar, JA, hy is ook myns insiens ‘n toonbeeld van hoe ‘n Afrikaner in murg en been behoort op te tree.

joyce olivier ·

Danksy Riaan kry ons nog afrikaanse nuus op TV…hy is ‘n stunning man….en word nie oud nie, so hy het goeie gene. Sterkte Riaan…hoop jy wen

petro103 ·

Riaan hou die taal lewendig. Ek het onlangs ‘n program oor hom met vele onderhoude met mense wat hom jare lank al ken, hy homself en sy voorsate gesien. Wat ‘n ongelooflike mens. Daar is baie meer aan hom as net ‘n nuus leser. ‘n Afrikaner om op trots te wees. Ek’s net nie so seker van die hare nie – ‘n haar-stuk of nie? Wie sal weet?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.