Volle naam: Susara Margaretha Maré
Beroep/Veld: Boerenooi van die bekende Afrikaanse volksliedjie “Sarie Marais”
Plek van Geboorte: Mooirivier-distrik (een van die vyf wyke van die destydse Transvaal)
Aantal jare ervaring: Meer as 100 jaar (die liedjie word reeds sedert die vroeë 1900’s gesing)
Prestasies: “Sarie Marais” word as een van die bekendste Afrikaanse volksliedjies van alle tye beskou. Sarie Marais was een van die eerste Afrikaanse klankrolprente en verskyn in 1931. Een van die grootste Afrikaanse tydskrifte Sarie (oorspronklik bekend as Sarie Marais) begin in 1949.
Google Hits: 133 000
Biografie:
Volgens kenners was die ware Sarie waarskynlik Susara Margaretha Maré, dogter van Volksraadslid Jacob Maré wat langs die Mooirivier geboer het. Hulle reken Jepete Toerien het die liedjie vir sy vrou, Sarie, geskryf. Dit het sy oorsprong te danke aan die Amerikaanse lied “Sweet Ellie Rhee”. “Sarie Marais” was verkeerdelik tydens die Olimpiese Spele in 1932 as Suid-Afrika se volkslied gespeel.
Skakels:
- Wikipedia
Vir ‘n plaaslike Afrikaanse lied wat internasionaal bekend is en selfs verkeerdelik as volkslied in 1932 by die Olimpiese Spele gespeel is kan nie met die ander fiktiewe kategoriee vergelyk word nie. Dit is en bly groots…