Siembamba

Siembamba verwys na die oorspronklike liedjie “Sien die mamba” wat in die volksmond siembamba geword het, en waarin die dreigende gevaar en onheil deur misverstand en foutiewe uitspraak gerelativeer geraak en selfs verdwyn het. Die liedjie is tot in die negentiende eeu gesing as verwysend na ‘n slang (die bose, onheil, gevaar): “Sien die mamba, mama se kindjie, sien die mamba, mama se kindjie. Draai sy nek om, gooi hom in die sloot, trap op sy kop dan is hy dood!

‘n Voorbeeld van ‘n gedig waarin dit voorkom, is “‘n Nuwe liedjie op ‘n ou deuntjie ” (C. Louis Leipoldt) en dan is daar natuurlik die liedjie “Siembamba” wat oor die radio gespeel word en wat dikwels deur ma’s en kinders gesing word. Siembamba het die top 10 gehaal in die kinderliedjie-kategorie in die soeke na die Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.