Steve Hofmeyr

Volle naam: Steve Hofmeyr

Beroep/Veld: Sanger, akteur, skrywer, aktivis

Plek van Geboorte: Pretoria

Aantal jare ervaring: 27 (speel Bruce Beyers in Agter elke man – 1985)

Prestasies: Drie SAMA-toekennings, meer as 1,9 miljoen CD-verkope deur die verloop van sy loopbaan, meer as 42 000 volgelinge op Twitter.

Google Hits: 696 000

Biografie:
Hofmeyr het bekendheid verwerf vir sy musiek in die 1980’s en sit sy legendariese musiekloopbaan steeds voort. Hy het meer as 20 albums agter sy naam en het ook al in verskeie TV-produksies en films gespeel, verskeie boeke geskryf en TV-programme aangebied. In 2004 is hy 13de op die ranglys van gewildste Suid-Afrikaners van alle tye.

Skakels:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

103 Kommentare

Rienie Swart ·

Daar was baie Afrikaners in ons geskiedenis wat hul merk gemaak het, maar vir ‘n tyd soos die, is Steve Hofmeyr onoortreflik. Hy word bewonder vir sy talente: Sanger, akteur, skrywer, maar vir my is sy welsprekendheid en hoe hy sy emosies uit sy Afrikanerhart in die mooiste, mooiste Afrikaans (en Engels) kan verwoord, absoluut wonderlik, diepgaande en treffend…so treffend dat ek soms huil wanneer ek dit hoor of lees. Steve is vir baie ‘n spreekbuis. Hy is geseen met iets ekstra en is vir duisende tans ‘n lig in die donker tonnel waardeur die Afrikaner beweeg. Hy is beslis ook ‘n aktivis met durf en dapperheid.

Lena Martin ·

Ons as Afrikaners is trots op n Spesiale mense soos Steve Hofmeyer wat n openbare mens is, wat vir sy Taal en Volk met regte staan.

wanda ·

`n Beter ondersteuner en vegter vir die Afrikaner (met alles wat daarmee gepaard gaan vanaf godsdiens, taal, kultuur ens. noem dit en Steve is altyd in die voorste gestoeltes, rye of linies!! Hys `n voorstaander vir die Afrikaner volk en sal selfs die hoogste howe en leiers uitdaag vir debatering oor die stand, trots en alles wat belangrik is vir die Afrikaner!! Steve is nie bang om sy se te se nie en is op die stadium `n baie goeie voorbeeld vir elke Afrikaner daar buite wanneer dit kom by dit wat vir jou as Afrikaner van belang is….hy praat nie net nie, maar tree op…..hy is baie beslis `n Afrikaner in murg en been!!! Baie van ons kan by hom gaan leer!!! lank lewe STEVE!! “Jou diagnose is `n shocker”

Boebela ·

Dis ‘n absolute eer om die man al die jare al te ken. Dankie Stefaans vir wat jy doen en nog gaan doen.

Olga ·

Dankie Steve dat jy die “guts” het om op te staan en jou se te se. Ek wens almal van jou kaliber het daai selfvertroue om so dapper te wees. As niemand na ons omsien nie, waar gaan ons beland. DANKIE

Jan v V ·

Dankie vir mense soos Steve, wat soos ons almal ook gebreke het maar bereid is om vir sy Taal en Volk op te staan. Ons het meer soos hy nodig! Ons Afrikaanse Taal loop daagliks deur en ons is te bang om iets te sê, want dalk is dit nie wat die mense daar “buite” wil hoor nie.

Tinus Prinsloo ·

Wys my ‘n man van woord en daad — ‘n man wat nie skroom om vir ons mooi taal op te staan en ophou om askuus te sê nie — dan wys ek jou Steve Hofmeyr!!

‘n Man so na my hart! Skeppend, regdenkend en met die nodige eerbied vir wat elkeen vir die Afrikaanse taal en volk doen.

Steve baie dankie! Ons is met reg trots op jou!!! Jy het ‘n Afrikaanse hart van GOUD wat vir elkeen van ons ‘n sprekende voorbeeld is!

Andries du Plessis ·

Steve is n man wat weet waar hy staan en nie skaam om Afrikaans te bevorder nie

Ritha Vorster ·

Steve is ware Afrikaner en ek is baie trots op hom. Hy skroom nie om te wys waar sy hart le nie. Steve jy is n wonderlike mens en ons kan opkyk na jou, DANKIE vir wat jy vir ons Afrikaner-volk doen.

Pamela ·

Steve Hofmeyr, is Eg Afrikaans, hy’s die ou wat ons Afrikaanse Taal lewendig gehou het deur die jare, sy musiek het ander jong opkomende jong Suid-Afrikaanse sangers ge-inspireer.

Hy veg vir sy Taal, Hy’s trots op sy taal en ek glo al die Afrikaanse leiers van die Anglo Boere oorlog se tyd kyk trots af op die man wat Afrikaans lewendig hou.

Ek is is trots op Steve Hofmeyr hy’s ‘n rol model vir Afrikaans.

Amanda Hanekom ·

Daar is net EEN Steve! Trotse Afrikaner van sy kroontjie tot sy toontjie! Skroom nie om mense aan te vat wat ons mooi land wil opfoeter nie. Ons het iemand soos Steve nodig om te veg vir die reg van die Afrikaner. Ek stem – STEVE VIR PRESIDENT!!!

Debbie Marx ·

Mal oor sy musiek, sy lewenswysheid en sy integriteit – Steve vir President!

Jan Muller ·

Hoekom nog vra oor Steve, hy is uitgesproke volbloed AFRIKANER wat nie net sit en kyk maar altyd daar is om te veg vir ons regte.Ek salueer hom, want hy verdien n groter plek in ons styd vir die handhawing van AFRIKAANSE taal ens.

andre hattingh ·

Hy is ‘n persoon wat nie skroom om vir die regte van die \afrikaner op[ te staan en dit te verdedig nie. Bly by sy siening en verdedig dit.

Nerine ·

Dit kan net Steve wees. Hy verdien dit uit-en-uit. Dit wat hy vir SA doen nou en ook om die Geskiedenis behoue te laat bly is ongelooflik. Hy is die ALLES-IN-EEN-PAKKET!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Annamarie Nell ·

Steve was en sal altyd my held wees, hy is nie net een van Suid Afrika se beste kunstenaars nie maar veg ook vir ons Afrikaanse regte! Hy sit nie net terug en kyk dat ons ten gronde gaan nie maar DOEN iets aan die saak.

stella barnard ·

Verseker Steve Hofmeyer! Sien jou einde van September by di Gariep kunste fees……dnki Steve vir jou mooi musiek en die feit dat jy vir ons Afrikaners hier so opkom…jys voorwaar n inspirasie en voorbeeld vir ons almal!

Sophia Kapp van Eeden ·

Ag nee, regtig! Die grootste Afrikaner van alle tye moes darem meer gedoen het as sing en kontroversiële uitsprake op ‘n blog maak. Dis iemand wat die verloop van die geskiedenis verander het, iemand met visie en insig en buitengewone intellek. En al is jy Steve se heel grootste fên, kan jy waaragtig nie al drie aan hom wil toedig nie!

Hiletje Smit ·

O ja, as daar een persoon is wat uitstaan wat afrikaans aanbetref is dit Steve Hofmeyr.

Christine Mans ·

STEVE IS DIE BESTES VAN ALLE KUNSTENAARS EN SAL DIT VIR EWIG BLY, HY STAAN OP VIR GROOT AFRIKAANS EN STAP SAAM OM DIE AFRIKANER TE RED. HY IS DIE IKOON VAN ONS. LANK LEWE STEVE.

Beren Bauermeister ·

Watter enige ander Afrikaner is hoorbaar aktief besig om met noot en daad vir sy mede-Afrikaner op te staan? Daar is net een – Steve!

Judy ·

Steve kry beslis my stem. Hy is alles en nog meer. Deur goeie en slegte tye staan ek bankvas agter hom. Steve is die enigste mens wat my trots maak om te sê ek is Afrikaans.

Talitha Botha ·

As ek kyk na Steve met alles wat ooit oor hom gesê is en ek kyk na hoe hy OPSTAAN vir Afrikaans dan weet ek daar is net een wat hier kan wen en dit is Steve. Niemand kan nie besef sy groot aandeel in Afrikaans sy baklei vir die bestaan van Afrikannse Name en self vir standbeeld van Paul Kruger. Daar is nerêns ‘n ander persoon wat so na en vir Afrikaans lewe soos Steve nie. wat alles doen menslik moontlik vir Afrikaans die taal ons kultuur nie.

Hy is waarlik ‘n Afrikaanse ikoon en sal dit vir altyd bly. Dankie Steve dat jy ‘n Afrikaner is.

Betty van Dyk ·

Steve ROCK !!! Maak my bly en trots om ‘n Afrikaaner te wees !! GO STEVE !!

Thereza ·

Dis so moeilik in vandag se tyd!!! Steve probeer so hard om Suid Afrika te laat glo in die waardes
en standaarde wat net weg gegooi is. Ons moet net almal Glo en Vertrou en vra vir dieselfde ding.
Ondersteun hom, hy glo in iets en staan daarby, al beteken dit dat hy van ander dinge moet afsien.

Ilse Swanepoel ·

Steve Hofmeyr is ‘n naam wat op almal se lippe vir altyd sal bly, Sy musiek is uit die boonste rakke en dan is hy nog iets vir die oog ook.

Rita van der Merwe ·

Steve is ‘n spreekbuis van wat hy se en doen, Hy is geseen met talent, hy sal vir sy Taal en Volk baklei – KAALVUIS!! Hy staan op vir Afrikaans, ‘n voorstaander vir Afrikaans. Hy is nie bang om sy se te se nie, hy is ‘n man van woord en daad, dankie vir wat jy doen Steve.
Ons voorvaders is beslis baie trots op jou.

3 x Hoera’s vir jou, Steve!!!

Bets Makkink ·

Steve staan altyd voor in die koor en veg vir Afrikaans en die Afrikaner, As daar nie so iemand was nie dan het Afrikaans al dood geloop, Wel gedaan Steve, hou so aan ek staan bankvas agter jou. Nie net as kunstenaar staan hy bo op die leer nie, maar as voorbeeld vir ons jong Afrikaner kinders.

Linda Potgieter ·

Steve is ‘n wonderlike mens, en het wonderlike talent, nie net vir sy stem nie maar ook vir sy medemens, en gun ook ander kunstenaars ‘n plekkie in die son, die jong opkomendes.

Dankie vir wie jy is Steve, geen aangeplakheid en voorgee nie, maar net ook ‘n mens soos ek en al die ander.

ROnell Ryan ·

Steve is ‘n fantastiese mens – op alle gebiede. Hy is seker die enigste wat sal opstaan vir waarin hy glo – al is sy ‘lewe in gevaar’ Ons het baie meer soos hy nodig.

Lizette Venter ·

Steve is een van die grootste ikone in Afrikaans, hy maak mens trots om Afrikaans te wees. Hy is nie bang om vir ons as Afrikaner volk op te staan en te baklei vir wat reg is nie. Ons as Afrikaner mense is beslis baie trots om iemand soos Steve in ons midde te hê.

Ina Pienaar ·

Hy is ‘n goeie persoon wat goed is met wat hy doen en hy draai ook nie doekie om as hy iets wil sê nie, wat ‘n goeie ding is, want so baie mense het altyd iets te sê, maar is te bang om dit te doen.

H KOEN ·

Steve is een van die beste sanger in ons tyd. Hy kom so op vir Afrikaans en ons is trots op hom. Hy staan op vir ons Afrikaner nasie. Lekker om nog iemand soos hy te kan hê en wat nie bang is vir dit waarvoor hy staan nie. Steve jy is ‘n wonderlike mens en ons kyk op na jou. Jy is ‘n IKOON in eie reg. Geen banghaar op jou kop nie. My stem gaan definitief vir jou.

Miemie van Straaten ·

Hy staan op vir die Afrikaners wat taal ens. betref en kan sy sê – sê.

Mari Venter ·

Verseker onse Steve!! Hy skroom nie om op te staan vir sy volk en taal nie. Hy is charismaties, is nie bang om die leiding te neem nie, en sy argumente maak sin! Hy is nie bang om betrokke te raak nie. Steve vir president!!!

Tobie van Rensburg ·

Steve is trots Afrikaans , nie skaam vir sy taal en kultuur nie.
Kan sy man staan , is n regte boer in murg en bloed en is S.A. se beste man sanger.
Help graag ander mede Afrikaanse mense en sal tot sy broek vir die buurvrou uit-trek.
Nee wat glo my maar Steve is top’s

Carin Prinsloo ·

‘n Groter afrikaner was daar nog nooit en sal daar ook nooit wees nie. Steve maak ons trots afrikaans!!!

annatjie ·

ja hy sal ons land baie beser bestuur hy weet wat reg is vir ons

Sylvia le Roux ·

Steve is tops, hy is ‘n ware Afrikaner en staan op vir Afrikaans ons taal.

Soekie Kapp ·

Beste Afrikaner!! Niemand het sy durf en moed om op te staan vir ons taal nie!

Lucy van Dyk ·

Steve Hofmeyr is trots Suid-Afrikaans!! Een persoon wat nie bang is om op te staan vir wat reg is nie. Die beste Politikus wat daar is!!

Christien ·

Nogal interessant hoe mense dit miskyk dat hy met ‘n Engelse dame getrou het en hulle kinders Engels grootgemaak word. Wat se dit van sy invloed?? Komaan Steve, tree toe tot die Politiek en kyk hoeveel steun jy dan kry !

Gisela Pretorius ·

Beste sanger ooit en ek bewonder hom vir die werk wat hy vir ons afrikaners doen. Hy is die grootste patriot vir ons afrikaner volk en ek ondersteun hom honderd persent.

Bianca Kock ·

Beste mans sanger ooit. Maak nie saak wie wat se nie!!! Dan veg hy nog vir ons wonderlike taal. GO STEVE GO!!!!!

Beatrix Scholtz ·

Beste sanger, en ja hy baklei sy hande af vir die Afrikaner, is nie skaam om sy punt te stel nie, dankie Steve!!

Beatrix Scholtz ·

Hy doen baie vir sy volk en vaderland, beste sanger ooit!!

toks niemand ·

Baie van die ander nominasies is nie meer eietyds nie, en hoort amper in die verlede. Steve is regtig eietyds, verskyn sowaar weer in 7de Laan. Ek dink hy sal deudring na die finaal. Sterkte Steve!!!!!

Delene Pienaar ·

Steve is ‘n sterk en doelgerigte mens wat in voeling is met sy mense se vrese, frustrasies, en die werklikhede van die land! Omrede hy nie twyfel, wroeg of skaam is oor sy indentiteit as Afrikaner nie, kan hy homself met sy mense se ontnugtering, pyn en verliese vereenselwig en dit op sig self versterk weer sy interaksie met sy volksgenote! Steve is ‘n mense mens en word deur sy tydgenote as ‘n spreekbuis vir die opregte Afrikaner beskou!

ina van jaarsveld ·

Steve staan op sy regte en skroom nie om op te staan vir dit waarin hy glo nie, Hy het ‘n geweldige persoonlikheid en net so wonderlike stem

Delene Pienaar ·

Stem 100% saam met Kobus Lourens! Steve verdien hierdie ere titel met trots en Steve eie woorde spreek vanself…..”Ek glo in God, in my Volk, en wil my kinders in my hartsland en -taal grootmaak!” Viva Steve!!

Rina ·

Hy is voorwaar TROTS AFRIKAANS en nie skaam om dit te verkondig en te verdedig nie. Hy verdien die titel beslis!!

Charlotte Gibbs ·

Steve is ‘n man van woord EN daad! Daar bestaan geen twyfel by my dat hy onder die tien grootste Afrikaners ooit is nie! Steve weet hoe om ‘n volk te motiveer. STEVE BO!!!

Christine Kraft ·

Steve jy is beslis asemrowend!!!!! vir Suid-Afrika en ons is trots om jou aan ons kant te hê. Jy is die beste en voorwaar trots afrikaans en ons sal jou volg!!!!

Christine Kraft ·

Saam jou sal ons dit definitief oorleef, jy is die beste!!!!!

LILLY DE BEER ·

Hy staan vir wat reg is en is nie bang om te se hoe hy voel nie, hy verdien om te wen!

Anna-Marie ·

Hy verdien om als te wen wat daar is van SA se kant om te offer, hy is TROTS AFRIKAANS, en lief hom baie Steve jy sal altyd n Ikoon bly van ons land.

joyce olivier ·

Ja beslis…hy kan gesels teen die regering….Maak hom ons volgende president

Elmarie Botha ·

MIN Mense is bereid om te doen wat Steve Hofmeyr doen….vir hierdie land en Afrikaans. Hy staan op en sê waarvoor hy staan en wat hy voel en dink. Ander……..selfs ek, sê ons sê en voel wat ons voel, maar dit maak nie regtig ‘n verskil nie. As ons almal doen wat Steve doen……..MOET en SAL dit ‘n verskil maak!!! TROTS op STEVE HOFMEYR!!

Petro du toit ·

Hy is een mens wat altyd die waarheid in die gesig staar en aanvaar, hy is ook net menslik en ‘n blou Bul ondersteuner, sanger, Hy sal altyd baie mense se held bly

DANIEL ·

STEVE IS TOPS. HY IS DAREM EEN MAN WAT OPSTAAN IN DIE STRYD OM OORLEWING VAN DIE AFRIKANER/BOER.

HANTIE COETZEE ·

STEVE IS WAT HY IS …EERLIK/REGUIT EN NIE N SLAP SIEL NIE…HY GLO IN WAT HY SE EN IS NIE BANG OM DAARVOOR TE STAAN NIE…HOU SO AAN STEVE ONS TROTS OP JOU!!

Cecile ·

Steve het intrigiteit – baklei vir ons Suid Afrikaners en staan by Soldariteit en gee steun en hulp waar nodig!

Daniela ·

Steve is ‘n ikoon. Hy’s opreg Afrikaner in alles wat hy doen. Ek ondersteun hom deur en deur!

Lynette Fuhri ·

Ten minste sê hy sy sê!, en laat hom nie van styk bring nie! Net jammer ons kan dit nie van die meeste van ons sê nie. Mense is te bang om betrokke te raak want en die “wat gaan tog van ons word” houding maak my siek! Ek bly net hier, sal die gemors wat nog kom uitsort soos dit voor my deur staan! En as ek ‘n geweer moet optel (wat ons voor “94 moes doen) dan doen ek dit met graagte, oorlog was nog nooit mooi nie, but who cares!!!!

Samantha ·

Ek gaan nou dadelik hierdie bladsy op FB deel, Steve is veronderstel om al op ‘n telling van 2000 te staan!! Ek voel Steve moet gekroon word as die Grootste Afrikaner, hy het op sy eie onder begin, hard gewerk en op die harde manier ‘n suksesvolle loopbaad vir homself gebou. Grootste Afrikaner beteken nie gunstelingste Afrikaner nie, Steve is aktivisties, hy sê sy sê, en daar is dade by dit wat hy sê. Ek hoor Steve nie net een keer ‘n dag oor die nuus nie, NEE, ek sien hom deel wees van Afrikaners wat opstaan vir regverdigheid, ek hoor hom sy eie dinge sê, dit wat op sy hart lê! Steve as Grootste Afrikaner in hierdie tyd!!!

Amanda/Sindy ·

Vriend duisend. Staatmaker. Sê wat hy dink. Slimkop. Wonderlike pa en mens. Help ander met oop hand en hart. Goeie innerlike , ware man kop tot tone!. Aantreklik is soos goeie rooiwyn…. Raak net al hoe beter.

Afrikaan van imbors vegter duisend.Baie lief vir hom as vriend, omdat hy so blatant reguit is,integriteit beslis sy beste bate.Sonder foute?
Nee, hy is mens,sy ster status pla hom min en dit is so wonderlike plus punt!! Voete vas op moederaarde en stuit nie vir die duiwel!! ,I laaik hierdie mêkkie kwaai!!! Mwhaa xx

Thea Bothma ·

Baie dankie Steve vir wat jy doen, en die feit dat jy bereid om op te staan in wat jy glo
sterkte en mag jy van krag tot krag gaan
JY IS EEN UIT N DUISEND

HANTIE COETZEE ·

HOOP REGTIG JY WEN DIE EN STEVE….ONS HET BAIE MEER MENSE SOOS JY NODIG IN VANDAG SE MOEILIKE DAE. STERKTE!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.