Tiener in hof ná sy glo baba verwurg

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Tiener van Mpumalanga wat daarvan verdink word dat sy haar 18 maande oue dogtertjie verwurg het, het Donderdag in die Tonga-landdroshof verskyn op ʼn aanklag van moord.

Die ma, Nomcebo Mahlalela (18) van Tsambokhulu Trust naby Komatipoort, is nie gevra om te pleit nie.

Mahlalela, ʼn graad 11-leerling aan Hoërskool Lebombo, is op 16 Mei in hegtenis geneem nadat gemeenskapslede agterdogtig geraak het omdat hulle nie meer haar kind gesien het nie. Daar is later vasgestel die baba, Faithful Masinga, is verwurg en haar liggaam is naby die Swaziland-grens gestort.

Staatsaanklaer Frederick Mhelembe het aan die hof gesê die rede vir die kind se moord is nog nie bekend nie. “Ek kan nie te veel oor die saak sê nie, want dit word nie ondersoek,” het Mhelembe gesê.

Landdros Sibonsisiwe Sibuyi het die saak tot Vrydag uitgestel, wanneer haar borgtogaansoek aangehoor gaan word. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.