Tuistoetse op eie bodem vir Springbok-vrouespan

Die SA vrouerugbyspan gaan later vanjaar twee tuistoetse teen Skotland speel. Foto: ANA.

Die Springbokke se vrouespan en hul ondersteuners kan solank ’n dagboekinskrywing vir Oktober maak. Die span sal dán in twee tuistoetse teen Skotland uitdraf. Dit is hul eerste wedstryde op tuisbodem sedert 2013.

Dié aankondiging volg kort op die hakke van verlede week se nuus dat ’n vrouetoernooi nou ook deel sal wees van die HSBC Kaapstad-sewes later vanjaar.

Die laaste keer dat die nasionale vrouespan in ’n amptelike tuistoets in aksie was, was ses jaar gelede, toe die spelers Uganda in Oos-Londen geklop het om hul plek in die 2014-Wêreldbeker te bespreek.

Die toetse sal in Athlone op 28 September en 5 Oktober aangebied word.

“Dit is fantastiese nuus vir ons span en ons ondersteuners; nie net omdat ons een van die Ses Nasies-spanne aandurf nie, maar ook omdat ons dit voor ons tuisskare kan doen,” het die afrigter van die Springbok-vrouespan, Stanley Raubenheimer, gesê.

“Die meeste van ons wedstryde word oorsee gespeel, dus sal dit baie spesiaal wees om voor ons familie, vriende en kanniedood-ondersteuners te speel.”

Altesaam 40 spelers is na ’n assesseringskamp by HTS Drostdy uitgenooi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Dries du Toit ·

N.a v . julle opskrif. Kan mens n tuistoets op n anderland se bodem speel. Wonder maar net. NS:MM Hou aan md goeie werk Dankie

bolla ·

Ek het regtig gedink vroue rugby se gehalte sal verbeter maar helaas. Netbal wys nou hoe die ding gedoen moet word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.