Twee ‘aanvallers’ op Klapmuts-plaas geskiet

plaashek-pexels

Foto: Pexels

Twee vermeende plaasaanvallers is Dinsdagaand geskiet toe hulle na bewering ʼn boer se plaas in die Klapmuts-omgewing in die Wes-Kaap betree het.
Die voorval het omstreeks 22:00 plaasgevind.

Johandre van Zyl, AfriForum se veiligheidskoördineerder vir die suidelike streke, het aan Maroela Media gesê die twee verdagtes het onregmatig ʼn boer se plaas betree. “Sover my kennis strek, het iemand hulle gewaar en die plaaswag en privaat sekuriteitsmaatskappye gekontak wat vinnig gereageer het,” het Van Zyl verduidelik.

Volgens hom is daar skote afgevuur en twee verdagtes is gewond.
Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het die voorval bevestig. “Die omstandighede rondom die skietery sal deel uitmaak van die ondersoek,” het Rwexana gesê.

Sy het gesê twee mans is met skietwonde aangetref. “Een van die mans (30) is in hegtenis geneem nadat daar gereedskap, wat gewoonlik gebruik word om by huise in te breek, in sy besit gevind is.”

Sy het bygevoeg die verdagtes sterk tans onder polisiebewaking in die hospitaal aan.

Van Zyl het gesê albei mans is in die hospitaal opgeneem. Hy het gesê niks is tydens die voorval gesteel nie en die boer is ongedeerd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Katje ·

Dankie Vader vir oë en ore op die grond. Dankie vir U beskerming. Alle eer aan U.

Ada ·

Ek wil ookgraag die Private sekuriteit bedank!!
Julle is lewensreders!

Chantel ·

Ek is sooo bly om te sien hulle kom nie meer so maklik weg met die aanvalle nie. Hopelik sal die res wat so aanval twee keer dink voor hulle iets doen!

Fanie ·

Ek sien nou die laaste paar weke dat al hoe meer van die Plaas aanvallers kom nou tweede. ek hoop rerig dat die getui nou begin draai.

Leon ·

Nogals interressant hoeveel van die gemors in KZN betrap word. Toevallig, of is dit omdat daar ietwat van ‘n wil is om iets te doen, terwyl alles in Gauteng ondersoek word.

Theresa ·

Wonderlik dat die kriminele gevang is!
Net spyt hul word opgepiep in hospitaal terwyl hul net so selle toe moet gaan.
Bly AF van ander se eiendom.

Van ·

Die SAP groottes se mos die privaat sekuriteits maatskappye moenie wet in eie hande neem nie – want hulle keer kwansuis die SAP om hulle werk te doen en vertraag die regs prosesse – meenende hulle moet nou actually die rubbish aankla and toesluit en nie langs die pad aflaai nadat hulle gevang word nie om papierwerk te vermy nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.