Twee in motor doodgeskiet

Argieffoto: https://pixabay.com

’n Man en ʼn vrou is oor die naweek in die vroeë oggendure in hul motor in Oos-Londen doodgeskiet.

Die Oos-Kaapse polisie is nou op die spoor van ’n maroen Audi sonder nommerplate wat na bewering ná die moorde van die toneel weggejaag het.

Ao. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, sê die polisie het Saterdag omstreeks 03:15 ’n klagte oor ’n skietery in Windyridgeweg in Parkridge ontvang. Polisiebeamptes is toe na die toneel waar hulle by hul aankoms op die liggame van ’n man en ’n vrou in ’n wit Toyota afgekom het.

Albei het skietwonde gehad.

Die polisie is nou besig om die man en vrou se naasbestaandes op te spoor.

Intussen word daar ’n beroep op die publiek gedoen om enige inligting omtrent die moorde by die polisie in Buffalo Flats se speureenheid vir ernstige misdaad by 072 730 1221 aan te meld.

Die polisie ondersoek tans twee sake van moord.

Die motief vir die moorde is in dié stadium nog onbekend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Koos 100 ·

Op die spoor, beteken in my oë dat hulle op die punt staan om die voertuig en verdagtes te kry. Dan blyk dit dat hulle niks weet nie en hulp benodig om hulle aan te keer.

JohanR ·

Se weer moet nooit stil hou en in jou motor sit nie. Sit die motor af, klim uit en verkas. Moenie eers meer in ‘n motor vry nie alhoewel hoe LEKKER dit is!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.