Twee Kapenaars aangekeer oor meineed

Argieffoto: SAPD

Polisiebeamptes van Milnerton in die Kaap het die afgelope twee weke twee mense in afsonderlike voorvalle in hegtenis geneem omdat hulle na bewering valse verklarings oor motorkaping, roof en die diefstal van ʼn motorvoertuig afgelê het.

Kapt. FC van Wyk, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, sê die “klaers”, wat nou beskuldigdes is, is albei van meineed aangekla. “Meineed kom daarop neer dat iemand ʼn valse verklaring onder eed aflê, die voorvereiste om ʼn klag in te dien.”

Benewens aanklagte van meineed kom bykomende aanklagte van bedrog ter sprake wanneer sulke valse verklarings met versekeringseise verband hou.

Hy sê polisiebeamptes het reeds in die voorlopige ondersoek na die sake die meineed vermoed, ʼn bron van groot kommer vir die SAPD.

Die een verdagte, ʼn 44-jarige vrou van Mitchells Plain, het die afgelope week in die Kaapse landdroshof verskyn en is op R1 000 borgtog vrygelaat. Die saak is uitgestel tot 19 November.

Die ander verdagte kom na verwagting Maandag voor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.