Vandag se sportnuus

Steve Smith. Foto: Facebook.

Krieket:

  • Australië se superster-kolwer, Steve Smith, sal die derde toets in die Reeks om die As misloop nadat hy nog nie ten volle van sy harsingskudding herstel het nie.
  • Smith – wat tot op hede twee honderdtalle en 92 in die reeks geslaan het – is op Lord’s deur die opwindende snelbouler Jofra Archer teen die nek geboul.
  • Smith het nie verder aan die wedstryd deelgeneem nie en is deur die oud-Klerksdorper Marnus Labuschagne vervang.
  • Intussen het Australië se afrigter, Justin Langer, gesê dat sy span nie die Engelse in eie munt sal terugbetaal deur hulle ook met opslagballe te peper nie.
  • “Ons gaan nie vasgevang word in ’n emosionele oorlog om te sien wie die vinnigste opslagballe kan boul nie. Ons is hier om te wen,” het Langer gesê.
  • Die derde toets begin Donderdag op Headingley en Australië het ’n voorsprong van 1 – 0 in die reeks.

Afrikaspele:

  • In Marokko het Suid-Afrika se o. 20-sokkerspan 2 – 0 teen Nigerië verloor.
  • Die strandvlugbalspan het egter hul dubbelspelwedstryd 2 – 0 teen die einste Afrika-land gewen.
  • Die swemuitdunne begin vandag om 10:00. Suid-Afrika het gedurende die vorige Spele 54 medaljes ingepalm.

Rugby:

  • Die laaste groepwedstryde van die Curriebeker word hierdie naweek gespeel.
  • Die Griekwas speel tuis teen die Leeus in Kimberley, terwyl die Cheetahs gasheer vir die Westelike Provinsie sal speel.
  • Op Loftus sal die Blou Bulle en die Haaie kragte meet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.