Vyf vermeende stropers vas

Die vuurwapen en toerusting waarop die polisie beslag gelê het. Foto: SAPD

Die vuurwapen en toerusting waarop die polisie beslag gelê het. Foto: SAPD

Die Limpopo-polisie het vyf vermeende renosterstropers Woensdagaand in Gravelotte in hegtenis geneem.

Brigadier Hangwani Mulaudzi, ʼn polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê die polisie het op ʼn wenk van die misdaadintelligensie-eenheid reageer. “Die polisie het inligting ontvang dat ʼn voertuig met ʼn Mpumalanga-nommerplaat en vyf insittendes op pad was na ʼn private wildsplaas in Letsitele om glo ʼn renoster vir sy horings te gaan doodmaak,” het Mulaudzi gesê.

Die polisie het ʼn padblokkade opgestel en die voertuig ingewag. Hulle het beslag gelê op ʼn .375-jaggeweer, ʼn knaldemper, ʼn kapmes, ʼn byl en ammunisie.

Die verdagtes, tussen 26 en 38 jaar oud, is in hegtenis geneem en sal na verwagting Vrydag in die Phalaborwa-landdroshof verskyn op aanklagte van die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

lillian ·

Dis nou goeie nuus, nou kap julle hulle goed af wat pla .. dalk leer iemand ‘n les as hy begin bloei …

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.