Die Antwoord is ‘n groep van Kaapstad wat die sogenaamde zef-kletsrym bekend gemaak het. Hulle is berug vir hulle omstrede lirieke en musiekvideo’s. Wat Kyk Jy? maak deel uit van hulle eerste album,$O$, en het die top 10 gehaal het in die raserige kategorie in die soeke na die Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye.
WAARSKUWING: Hierdie video kan kras lirieke en foto’s of beeldmateriaal bevat wat nie vir sensitiewe kykers of kinders bedoel is nie. Maroela Media aanvaar nie verantwoordelikheid vir die inhoud van die video nie en onderskryf ook nie noodwendig die siening van die kunstenaar of lirieke van die betrokke lied nie.