Wie gaan gepos word om vir Duane plek te maak?

Duane Vermeulen – terug teen die All Blacks. (Foto: GB Jordaan)

ʼn Volgende balanseertoertjie wag nou op die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, wanneer die agtsteman Duane Vermeulen hom binnekort weer by die Springbokspan sal aansluit.

Erasmus en Vermeulen se Japanse klub, die Kubota Spears (Franse Ludeke rig daar af) het glo ooreengekom om Vermeulen vroeër van sy klubverpligtinge vry te stel. Dit beteken dat hy reeds op 15 September in Wellington teen die All Blacks sal kan speel, asook vir die res van die Rugbykampioenskap.

Siya Kolisi se plek is verskans omdat hy die kaptein is, maar hy sal sy sokkies moet optrek, want hy speel met te veel rukke en stote en is boonop nie ʼn baljagter nie.

Dit sal beteken dat die kop van óf Warren Whiteley óf Francois Louw sal rol om plek vir Vermeulen te maak. Erasmus kan ook besluit om Marco van Staden in te span, maar teen die All Blacks se hardebaarde sal dit ʼn bykomende waagstuk wees.

Louw keer in elk geval ná die All Blacks-toets terug na sy Engelse klub, Bath. Hy het nie oortuig in Saterdag se tweede toets teen die Argentynse Poemas in Mendoza nie (watter spelers het?) en dit kan die logiese uitvloeisel wees om hom met Whiteley te vervang. Maar Whiteley is nie die fisieke flank/agtsteman waarop Erasmus sy sukses wil bou nie.

Dis hoekom Pieter-Steph du Toit weer na flank geskuif kan word.

Erasmus se groot probleem is die Wallaby-toets op 8 September in Brisbane. Om sonder ʼn baljagter teen David Pocock te speel (ai, hoe spook die Wêreldbeker-kwarteindstryd in 2011 steeds toe Pocock saam met die skeidsregter Bryce Lawrence amok gesaai het), is vir moeilikheid soek, veral omdat Malcolm Marx sedert die Superrugby-eindstryd teen die Crusaders nog nie weer gekook het nie.

Dit was een van die probleme teen die Poemas, hulle het dit reggekry om die Bokke se besit stadig te maak, om in die vaste fasette mee te ding en die Bokke voorlangs te boelie.

Wees maar verseker dat die video van die Poemas se oorwinning reeds deur Michael Cheika en Steve Hansen bestudeer is.

Erasmus se hoofpyn is vererger met die beserings aan die flank Jean-Luc du Preez, wat verlede week ʼn liesoperasie ondergaan het en Cyle Brink se kniebesering, wat hom ook maande lank langs die kantlyn sal hou.

Dis hoekom dit ’n kopskuif gaan verg om vir Vermeulen plek te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

bloues ·

Daar is ‘n maklike wedstryd plan teen die bokkies.
Hou die bal weg van die swaar stadige voorspelers in kanaal een en twee.
Gebruik dan vinnige sterk losvoorspelers en speel op Pollard
Die wedstryd is gewen!

Paul ·

Sit Duane op heelagter, ook die ander lomp swaargewigte, héél agter die pale.

koos ·

ons is swak – punt! Haal kwotas uit en begin weer bou op meriete – ek support enige een wat teen ons speel

Go AB and AUS…

DHK ·

Gooi dan al die wit spelers uit Rollie, dan kyk ons hoe vaar jou mense.

Swartwolf ·

Stem saam Koos. SA rugby gaan selfde pad as SA sokker. 100% transformasie en 200% onkompeterend in die wereld. Ruik nie kwalifikasie vir ‘n wereldbeker nie. Toe dit nog Springbokke was wen rugby 2 wereldbekers in 12 jaar. Vandat kwotas geforseer word val SA rugby nou tot 7 de. Tollie, Rollie, bollie, Gatiep, Apools of wie jy nou eintlik is se aanmerkings is weereens vol papsak. Terug plaas toe jou werk staan.

rollie ·

Ek is wit ouboet. Daar is wit ouens in die span wat nie hul kant bring nie (meer wittes as swartes wat nie hul kant bring nie)

pieter ·

Ietwat van n bokserige houding ou Koos met die een oor. As jy n SA’ner is behoort jy jou span te ondersteun, maar iemand soos jy, wat net ondersteun as dit goed gaan is agterbaks.

Deur dik en dun, ou, deur dik en dun. Wil verseker nie saam met jou die vyand trotseer nie, want dit sal net n geval van die adder in eie boesem wees..

Riaan ·

Hulle gaan in elk geval al die wittes uit gooi, dis net n kwessie van tyd DHK.

bollie ·

As hulle so speel MOET hulle uitgegooi word. Selfde geld vir Rassie.

Veritas ·

Die hoeveelheid swart of wit spelers is nie die probleem nie. Die probleem is hoe ons al die talentvolle jong spelers wat, weens die ANC kwotastelsel, uitgewyk het na Europa, Japan en die Amerikas, gaan vervang of teruglok. Die jong talent stel nie juis belang in Springbokkleure nie aangesien die aansien daarvan, sleg aan die taan is. SARU is bewus hiervan maar moet hulle politieke meesters gelukkig hou. Siende dat die politieke situasie nie enigsens binne die volgende vyf of ses dekades gaan verander nie, is dit ‘n voldwonge feit dat Springbokrugby se gloriedae vir altyd verby is. RIV.

nico k ·

Ek sal vir Louw en Whiteley uitlaat. Ek dink nie hulle werkverrigting was goed genoeg nie. Duane sal ‘n groot verskil maak en miskien moet ons met van Staden waag. Hy is die beste baljagter op die oomblik. Ons kan ook vir Pieter Steph du Toit op flank gebruik. Sy werkverrigting is uitstekend en hy is bietjie lig vir slot.

bloues ·

Nico k was die Pumas se losvoorspelers nie kleiner as ons sin nie? Hulle was defnitief ratser en vinniger by afbreekpunte. Wat kan Vermeulen bydrae behalwe stamkar en breuk in die bondels in rugby? Volgens my is daar NIKS waar hy kan waarde toevoeg nie.

Leon Fourie ·

Bloues, kyk liewer Binnelanders en hou uit rugby gesprekke. Dink jy Whiteley kan beter as Duane?

rollie ·

Ja nee, as iemand so baie twak kwytraak oor Vermeulen dan kan mens nie anders as om sy rugbykennis te bevraagteken nie.

Callie ·

Eerstens mens kan nie prentjies hier teken nie, so om vir rollie te verduidelik is n onbegonne taak. Tweedens jy kan net iets verduidelik aan iemand wat wil verstaan. Dis nie net nou se kwotas nie. Dis die laaste paar jaar se kwotas wat die standaard stelselmatig afgradeer het tot waar dit nou is. Hier sien hulle n ou wat n drie gaan druk deesdae as Springbok oor dit so min gebeur. Dis pateties om te sien waar is SA rugby as jy regtig intens na alles kyk ou rollie. Geen trots oor nie want die trui is goedkoop gemaak. Dis hoekom sokker hier so swak is. Die kwota manne hou nie van dissipline nie. Dis die einde. Pasop bokke kwalifiseer dalk nie eers vir wereld beker

rollie ·

Daar’s net 5 swart spelers in die opdrafspan en was dit nie vir hulle nie het ons NOG verder verloor want hulle het AL die driee gedruk.

Henry ·

Dr ollie, het jy gesien hoe hulle net die bol van die ander spelers moes vang, om ‘die verdwaalde drietjies te druk?

Robert ·

Vra vir Victor en Bakkies. Hulle sal uit help . Moontlik sal Os hom ook weer beskikbaar stel…..

Henk ·

Hopelik Louw en hopelik het die bok afrigter nou eindelik beseflouw hoort glad nie in die sa span nie!!!!

Frans ·

Hoekom is Kolisi se posisie verskans net omdat hy kaptein is.Whiteley speel soos n agsteman moet speel,met sy aanvoeling is hy baie betrokke by die spel.As Vermeulen nou regtig nodig is om alles uit die pad te vee, speel hom op flank.Gaan haal vir Jako Kriel.Sit hom op 6 , Vermeulen op 7 en hou Whiteley op 8.Dan is daar n stoomroller,’n baljagter en n tipiese nr 8 op die veld.Kolisi kom nie die mas op as kaptein of speler nie

Roñnie ·

Jy slaan spyker op die kop arme Whiteley hy het meer meters bal gedra en baie meer tackles gemaak as Kaptein of Louw .Hoe nou?

rollie ·

Whiteley is useless, hou hom baie ver van die span af asseblief. Ek het weer die game gekyk, Kolisi was baie goed as speler (uitmuntende drie gedruk wat ander nie sommer sou kon druk nie). Flo was swak. Jaco Kriel en daai ander sewes flank van die Lions is te lig in die broek. Kolisi is die enigste een wat spoed het en sal ‘n moet wees as Vermeulen terug is.

Wessel ·

Ek stem saam Veritas. Glorie dae is verby.
Ons het net nie meer 15 wêreld klas spelers nie wat nog te sê van diepte.

bollie ·

Ek stem saam dat daar slegs enkele wereldklas-spelers in die huidige span is (en daar is ook nie buite die huidige opset nie). Ek sal slegs Vermeulen, Marx, Etsebeth en Kitshoff as wereldklas beskou. Ons afrigters is ook nie op standaard nie.

Carel ·

Veritas jy slaan die spyker op die kop
Dis verby met bokrugby

LR ·

Wessel is 100% reg. Ek weet nie waar Kobus Wiese en kie die geweldige diepte wat spelers bettef raak sien nie. Ons speler diepte is oorsee met omtrent 350 spelers waarvan 60 springbokke is.
Ons sal NOOIT weer n krag in wêreldrugby wees nie.
Julle almal ken mos die redes hoekom dit so is.

LHS ·

Rollie wat so baie bollie kwytraak. Asb. as jy nie kan sin praat nie, bly liewer stil. Koalise was vanaf die superreeks nog nooit op dreef nie, almal weet dit.Daar is baie ander flanke wat dit meer verdien as hy. KWOTA KAPTEIN. Duidelik het jy verwronge drogbeelde oor agtsteman spel. Gaan kyk na statistiek asb. Ruan Combrinck is die enigste vleuel wat teen goeie vleuels op aanval en veral verdediging sou kon sy man staan. Gaan haal Ruhan J.v. Rensburg vir senter en Jantjies vir losskakel. Ten minste kan hy pale toe skop en sy voetaangee na sy vleuels toe is punte. Stem dat Duane moet speel, Whitley kaptein en flank.

rollie ·

Combrink kan nie tackle om sy lewe te red nie. In die Super-eindstryd het sy teenstander vleuel oor hom gehardloop.

Groot grap ·

Drop vir Francois F-Louw… en enige ander oorsese drosser wat groener weivelde gaan soek het. Speel plaaslike spelers meer wat dit verdien. Al is hulle geel of pienk, as hulle dit verdien speel hulle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.