Wielie Walie was vir 20 jaar lank die SAUK se vlagskip Afrikaanse kindertelevisiereeks. Toe dit in 1996 beëindig is, was dit die TV-program wat vir die langste tydperk uitgesaai is. In 2009 is ‘n soortgelyke program getiteld Wielie Wielie Walie op DVD uitgegee. Wielie Walie het die top 10 gehaal in die kinderliedjie-kategorie in die soeke na die Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye.
[soundcloud url=”http://api.soundcloud.com/tracks/106319956″ params=”” width=” 100%” height=”166″ iframe=”true” /]