Wollerige nuwe krapspesie gevind

(Foto: u/radxiphias/Reddit)

Wetenskaplikes het ʼn nuwe krapspesie ontdek wat homself vermom met hare wat van ander seediere afgekrap is.

Die krap gebruik die hare om homself teen ander roofdiere te beskerm, sê die kenners. Die krap skep vir homself ʼn “jassie” van die sponsdiere met sy kloue.

ʼn Berig in USA News Today sê die krap word genoem Lamarckdromia beagle na aanleiding van Charles Darwin se skip. Dit behoort aan die Dromiidae-familie, meer algemeen bekend as sponskrappe.

ʼn Gesin aan die weste van Australië het op die krap afgekom en dit na hul plaaslike museum gestuur vir uitkenning, berig The Guardian.

“Die spons of sakdier hou aan met groei en pas aan by die vorm van die krap se rug,” sê dr. Andrew Hosie, ʼn kurator van skaaldiere wat by die Western Australian Museum werk. “Die spons sal nooit vasgroei nie – dit vorm slegs ʼn dop wat knus bo-op die krap sit.”

Die sponse kan selfs groter wees as die krap self en kan ook as ʼn chemiese afskrikmiddel dien.

“Sommige van die samestellings wat hierdie sponse vervaardig kan baie skadelik wees,” voeg Hosie by. “Daar is nie baie aktiewe roofdiere wat graag deur só spons sal wil hap net om by die krap uit te kom nie.”

Foto’s van die wollerige nuwe spesie word wyd op sosiale media gedeel met talle gebruikers wat grappige kommentaar lewer oor sy voorkoms.

“So oulike teddiebeer-krap!” skryf een persoon. “Ek sou graag só krap met sy sponshoed wil hê!” skryf ʼn ander.

(Foto: Colin L Mclay/Researchgate)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.