“Ons bly, maar gaan nie stilbly nie!”
Soekresultate vir: toekomsberaad
65 maniere om jou vaardighede in 2020 uit te brei
“Dit help nie om net te staak soos wat die bankvakbonde wil doen met die verandering wat nou lei tot afleggings in die banksektor nie. Veerkragtigheid is die nuwe gonswoord en dit is Solidariteit se verantwoordelikheid om werknemers met die nodige kennis toe te rus om te verhoed dat hulle uit die nuwe ekonomie uitfaseer word.”
Video: Kom beplan saam aan ’n pad vir 2030
“Hierdie planne kan egter nie verwesenlik word sonder betrokke en aktiewe gemeenskappe nie. Daarom hou ons ’n massiewe beraad waarby al die lede en ondersteuners van die instellings in die Beweging genooi word om saam te kom dink en deel te neem aan die bou van ’n toekoms vir ons en ons nageslag.”
Toekomsberaad: ‘Ons gaan bly, maar ons gaan nie stilbly nie’
Die Solidariteit Beweging het nuwe doelwitte daargestel om teen 2030 te bereik.
Onnies leer ons kinders – wie leer ons onnies?
Die hartseer werklikheid is dat Afrikaanse skole, skole wat bykans sonder uitsondering steeds onderrig van wêreldgehalte aan ons kinders gee, onder geweldige druk verkeer. Is daar dan ʼn toekoms vir Afrikaanse onderwys in Suid-Afrika? As dit van die Virseker Trust afhang, is Afrikaans in al sy gedaantes se toekoms verseker.
Skoleondersteuningsentrum wil só uitdagings in Afrikaanse onderwys pak
Dié organisasie wil ook hulp aan ander vennote verleen om ʼn volledige private Afrikaanse onderwysaanbod te ontwikkel.
Staat dra al minder tot onderwys by, maar wil al meer voorskryf
Die krisis van die groot aantal disfunksionele skole in Suid-Afrika spruit uit dekades se swak bestuur deur onderwysowerhede. Dit kan nie deur sentralisering van mag reggestel word nie.
Suksesvolle kinders het dié agt karaktereienskappe
Elke ouer en onderwyser (opvoedkundige is ’n baie beter benaming) behoort baie in Tough se lys belang te stel. Ons is immers in die bedryf om kinders suksesvol te help maak, dan nie?
Bestuur só jou skool se geld selfstandig
Die Solidariteit Beweging het gisteraand ’n fondsbestuurgids bekendgestel wat deur skole en ouers gebruik kan word om meer selfstandig te wees wat die bestuur van geld in skole betref.
Boufonds en Regsfonds van kardinale belang vir Solidariteit se Toekomsplan 2020
Met die bekendstelling van die Solidariteit Beweging se Toekomsplan 2020 by die Toekomsberaad wat op 10 Oktober 2015 by die Heartfelt Arena gehou is, is daar aangekondig dat Solidariteit oor die volgende vyf jaar R3,5 miljard in verskeie projekte en instansies gaan belê.
Roepingsbewustheid en die onderwys
Dit onderstreep wat gesê is op die beraad, naamlik dat Afrikaanse openbare skole sal moet veg vir groter selfstandigheid sodat hulle nie nodig het om beheer af te staan oor dit waaroor hulle veronderstel is om eiendomsreg te hê nie.
‘Transformasiedruk kan laaste suksesvolle skole vernietig’
Die burgerregte-organisasie, AfriForum, het in reaksie op die direkteur-generaal (DG) van basiese onderwys, Hubert Mweli, se kommentaar dat die personeel van voormalige Model C-skole meer moet transformeer, gesê transformasiedruk kan onberekenbare skade by dié skole aanrig.
Onafhanklikheid van Afrikaanse skole ondersoek
Die Solidariteit Beweging het Woensdag tydens ʼn toekomsberaad oor onderwys in Centurion aangekondig dat dié organisasie binnekort ʼn taakspan van kenners sal aanwys om onafhanklike Afrikaanse onderwys te ondersoek.
Afrikaanse openbare en onafhanklike (private) skole, ’n plussom
Openbare en onafhanklike skole moet nie teenoor mekaar staan nie, maar moet mekaar aanvul binne werklikhede wat ontstaan. Soos daar wêreldklas openbare skole bestaan, moet daar sorg gedra word dat, waar dit nodig is, gapings gevul word met wêreldklas onafhanklike skole.
Lesufi se ingryping by haarstylkwessie bekommer
Die burgerregte-organisasie, AfriForum, het gesê hy is bekommerd oor die manier waarop die situasie by die Pretoria High School for Girls hanteer is nadat dié skool beskuldigings van rasverdeeldheid moes aanhoor.
Red Afrikaans: Wolraad Woltemade se les
Dit het in 2016 uiteindelik begin deurdring dat die nuwe Suid-Afrika se regering die staat se skole, universiteite en al die staatseiendom besit en daarmee maak wat hy wil; en vir Afrikaans en die kwessie dat Suid-Afrika sy hedendaagse bestaan grotendeels in Afrikaans verkry het, geen respek het nie.
Vrystede as model vir groeiende gemeenskap-selfstandigheid
Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het dié toespraak op 31 Mei 2016 by Orania se Stadskonferensie in Pretoria gelewer.
Die geleenthede wat hedendaagse krisisse ons bied
Op die keper beskou, is al die krisisse rondom ons geleenthede wat God aan ons bied en waarop ons geroepe moet wees om in gehoorsaamheid te reageer. Dit is goed om te weet dat God nie net die verskeie krisisse oor ons pad bring nie, maar ook vir elke krisis ʼn besondere uitkoms gee.
Met watter bril moet ʼn mens na die verlede kyk?
Die DA-LP Anchen Dreyer is ’n rassis. Hoe weet ʼn mens dit? Sy het jou waaragtig waar (sluk) langs ʼn foto van pres. Paul Kruger geposeer.
Nuuskommentaar: Oom Paul en die kriminalisering van Afrikanergeskiedenis
In ’n poging om veral die DA as faktor in die komende munisipale verkiesing te erodeer, skroom die ANC nie om genadeloos ’n verbale rasse-oorlog te stook nie. Maar gaan so ’n stokery noodwendig verbaal bly, veral as die Afrikaner en sy helde gekriminaliseer word?