Dankie tog dat grootmense ook jeugboeke mag lees! Ek het De Wet Hugo se Die vloek van Vreesbaai baie geniet en het heeltyd oor my skouer bly loer omdat ek verwag het dat ’n grommende ongedierte enige oomblik op my gaan spring …
Soekresultate vir: louise viljoen
Boekresensie: Spaghetti tussen jou tone
Jaco Jacobs wéét hoe om om alledaagse situasies waarmee kinders identifiseer te omskep in stories wat hulle monde laat oophang.
Boekresensie: Schalk Schoombie se ‘Tot die dood ons skei’
Die vraag wat gevra word, is: “Wat dryf iemand om sy vrou en lewensmaat te vermoor?” Schalk Schoombie ondersoek talle gevallestudies en maak ontstellende bevindinge. Die boek bevat ware verhale van intieme-vrouemoord-slagoffers.
Boekresensie: Leeg
Lees gerus Leeg al het jy dalk nie self deur ’n swangerskapverlies of miskraam gegaan nie. Dit rus jou toe om diegene wat die trauma beleef het, beter by te staan, skryf Louise Viljoen.
Boekresensie: André le Roux se Waarom mans altyd reg is (en ander onnoselhede)
Hierdie is een van daardie boeke wat mans én vroue ewe veel sal geniet. Mens lees die kort stukkies proe-proe terwyl jou tone omkrul van pure lekkerkry omdat jy jouself of jou wederhelf daarin herken.
Boekresensie: Fanie Viljoen se Slym se stories (4 in 1)
Dis prettige, skoon stories wat die jong lesers se verbeelding aangryp en hulle anders laat kyk na wurms, paddas en ander goggas. Skaf gerus hierdie oulike omnibus aan – dit sal sorg vir ure se leesgenot!
Boekresensie: Skwiek deur Jaco Jacobs
Kinders sal absoluut mal wees oor hierdie boek. Dis in ’n lekkerlees formaat geskryf en hulle sal nie kan wag om om te blaai om verder te lees nie.
[Video] Wat is jou skeppingsdoel?
Daar is soveel mense wat deur die lewe gaan en nooit weet hoekom hulle hier op aarde geplaas is nie. Wat is jou skeppingsdoel? Hoekom is jy hier? Die filmmaker, Frans Cronjé, wil met sy nuwe film, “The Roar”, die boodskap oordra van hoe om jou lewensdoel uit te ken.
Pastoriemoeder van Grabouw kuier en kook
“As jy kwaad of ongelukkig is, sal die kos wat jy maak ook so proe. As jy lekker kos vir iemand wil berei, doen dit met ’n blye hart.”
Boekresensie: Beatrix sê: Raak hekel-slim
Beatrix Snyman se Beatrix sê: Raak hekel-slim is ’n móét vir elke hekel-entoesias of jy nou ’n ywerige beginner of ’n bedrewe kundige is, meen Louise Viljoen.
Boekresensie: Ilze Beukes se Ondersoek my hart
Ek moet erken dat Ondersoek my hart my in ’n stadium in trane gehad het. Ilze beskryf die stryd teen kanker met groot deernis, maar ook met die nodige nugterheid sodat die storie vir geen oomblik soetsappig raak nie, skryf Louise Viljoen.
Boekresensie: Die De Zalze-moorde
“Die skrywer, Julian Jansen, ’n bekroonde ondersoekende joernalis, skryf in ’n gemaklike verteltrant waarmee baie lesers sal identifiseer. Ek het nie die idee gekry dat hy die gru onderwerp ligtelik hanteer het of tot goedkoop sensasie wou aanblaas nie,” skryf Louise Viljoen.
Boekresensie: 33 palet-items vir die selfdoen-entoesias
Louise Viljoen sê dié stap-vir-stap-instruksies en pragtige kleurfoto’s laat jou hande jeuk om iets moois uit ’n rou palet te maak.
Boekresensie: Botter en liefde
Ek wens ek het meer eksemplare van hierdie fantastiese resepteboek gehad. Ek wil na hartelus bak en brou uit die een kopie sonder om bekommerd te wees dat daar dalk meel op die bladsye beland, skryf Louise Viljoen.
Boekresensie: Jaco Jacobs en Fanie Viljoen se ‘Die wonderwêreld van Seelewe’
Ek is sommer baie opgewonde oor hierdie opvoedkundige volkleurboek wat propvol aktiwiteite, speletjies, kopkrappers en interessante feite is oor die oseane, skryf Louise Viljoen.
Boekresensie: ‘Die Greyson-probleem volgens Nikita Joubert’
Boek twee lees soos ’n droom en mens kan nie gou genoeg die bladsye omblaai om te lees wat gaan volgende gebeur nie.
Woordskilder Anzé Bezuidenhout beïndruk
Poësie hoef nie noodwendig swaar, literêr of akademies van aard te wees nie. Soms lê die mooi van gedigte reeds in die taal se eenvoud.
Boekresensie: Die Greyson-probleem volgens Amalie Verhoef
“Sy het my moeiteloos weggevoer met ’n allerheerlike, teer liefdesverhaal wat my vrouehart sommer warm laat klop het en goedvoelhormone deur my hele lyf laat spoel het,” skryf Louise Viljoen.
Boek-resensie: Dromers veg vir wat hul wil hê
As mens die kans van ’n leeftyd kry om jou drome bewaarheid te sien, dan doen jy wat jy moet om elke kans op geluk aan te gryp…
Boek-resensie: Boerekos met ’n twist
In “Boerekos met ’n twist” deel Annelien 140 kwyllekker familieresepte van outentieke erfeniskos waarmee ons grootgeword het. Die boek bevat veel meer as net ’n versameling smullekker nostalgiese resepte. Annelien deel kwistig raakvat-raad uit en vertel van kortpaaie en plaasvervangers – haar “resep met ’n les”-konsep wérk.