Hoërskool Centurion: ‘Sterker as gister’

(Foto: Verskaf)

Die uitslae van Hoërskool Centurion se 2023-matriekeindeksamen getuig van leerders wat deur uitnemendheid gedryf en deur lojale, passievolle, uiters bekwame personeel ondersteun word. Ons is baie trots op ons matrieks se uitsonderlike prestasies.

By Hoërskool Centurion maak dit nie saak wie jy is nie, hier help ons elke leerder om sy of haar volle potensiaal te ontsluit. Ons tema vir 2024 is nie sonder rede “Sterker as gister” nie. Tussen die Woeries word jy deel van ʼn kultuur van uitnemendheid en leer jy dat jy sterker as gister kan wees en dat jy beter kan doen as wat jy dink.

By Hoërskool Centurion is elke leerder belangrik en noodsaaklik – of dit in ʼn sportspan, op die verhoog of in die klaskamer is. In hierdie spanne leer ons integriteit, lojaliteit en respek, want opgee is nie ʼn opsie nie – daarvan getuig ons gehalte leerders wat ons as gebalanseerde jong mense die wêreld instuur.

As jy graag deel van so ʼn wenspan wil word, kom ontmoet die toekomstige leiers van Suid-Afrika by ons opedag op 8 April 2024. Jy sal Woeries ontmoet wat opgewonde is om jou te ontvang, entoesiastiese personeel wat jou aan nuwe vakke sal blootstel waarvan jy nog nooit gehoor het nie en jy sal met ʼn warm familiekultuur te doen kry wat jou dadelik in Woerieland sal laat tuis voel.

Moenie 8 April vergeet nie! Sterker as gister.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.