Gewilde omroeper groet radiostasie ná 14 jaar

Darren “Whackhead” Simpson (Foto: 947)

Die gewilde radio-omroeper en komediant Darren “Whackhead” Simpson het Maandag aangekondig dat hy ná 14 jaar op die klankgolwe van 94.7 Highveld Stereo dié radiostasie gaan groet.

Dit volg nadat Simpson vroeër vanjaar na die Wes-Kaap verhuis het om die ontbytprogram op 94.7 se susterstasie, Kfm, aan te bied, hoewel hy steeds dié stasie se laatmiddagprogram aangebied het.

Simpson sal in Januarie 2018 die leisels oorgee.

Highveld Stereo het in ʼn verklaring gesê Simpson het dié besluit gemaak om sodoende “meer op Kfm te kan fokus”.

“Ek het dit baie geniet om die Kaap die laaste ses maande te leer ken – en dit het my liefde vir radio net versterk,” het Simpson in ʼn verklaring gesê. “Kaapstad is egter my nuwe huis en ek is meer as opgewonde oor die uitdaging om ʼn nuwe, suksesvolle program op Kfm aan te bied waarop luisteraars sal inskakel. Hulle verdien al my aandag.”

Greg en Lucky, wat tans die vroegmiddagprogram van 12:00 tot 15:00 aanbied, sal die laatmiddagprogram vanaf Januarie 2018 oorneem. Die Ayanda MVP-program, wat vroeër om 12:00 geëindig het, sal voortaan tot 15:00 uitgesaai word.

Simpson se poetse het van hom ʼn internasionale bekende gemaak. Meer as ʼn halfmiljoen van sy albums wat dié poetse bevat is verkoop. Die opbrengs van dié albumverkope is aan die 94.7 Hear for Life-trust geskenk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Gerhard ·

Wonderlike nuus. Gebede word tog verhoor. Kan hom en sy klein man sindroom nie verdra nie!!!

Vraagteken ·

Gerhard, niemand druk ‘n vuurwapen teen jou kop nie. Luister dan na iets anders!

Meraai ·

Sjoe!!!!!!!!! jy staan seker agter die deur ne?!!!!!!!!!!!!

lynette ·

Dankie tog! Ek hoof ook nie meer daai irriterende stemmetjie te hoor nie. ongelukkig werk ek in ‘n kantoor waar hulle 94.7 speel, so ek het nie ‘n keuse nie

Nicky ·

Dit is baie baie hartseer, ek het ‘n ander stasie “verlaat” om na sy program in die oggend en later toe die middag te luister. Hy het ‘n pragtige hart, ongelooflike sin vir humor en is sommer net ‘n bakgat mens. Ek gaan sy program regtig ongelooflik baie mis. Die Wes-Kaap is gelukkig!

Kom Ons Boks ·

Ek sal dan eenvoudig aanlyn luister na sy program op KFM. Hy is baie minder vyandig teenoor Afrikaans en Afrikaners in vergelyking met van sy ewekniee op Jacaranda byvoorbeeld. Nou wil ek ook Kaap toe man…

VanAfrika ·

Ek was baie hartseer toe ek die radio aanskakel en hoor dat Darren op pad uit is. Hy is n omroeper duisend en sy pranks was my highlight van die dag, Sy kalm persona het n deurmekaar dag rigting gegee en ek sal die luislang episode nooit vergeet nie. Darren, baie geluk en mag dit net met jou goed gaan, van jou dae wat jy in n garage gebly het tot waar jy nou is en ek hoop dis nie die laaste wat ons Gautengers van jou gaan hoor nie, Cheers for now

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.