Hier is die wenners van die Liberty-radiotoekennings

Die Liberty-radiotoekennings is Saterdagaand tydens ʼn glansryke gala by die Sandton-konvensiesentrum aangebied.

Liberty het in ʼn verklaring gesê die tema van die radiotoekennings vir 2018 was “Raising the bar – celebrating those who inform and entertain us”.

“Elke kategorie het baie sterk kompetisie gehad,” het Lance Rothschild, uitvoerende hoof van die Liberty-radiotoekennings gesê. “Genomineerdes wat tot die finale deurgedring het, het reeds uitnemendheid getoon, maar die wenners het kop en skouers uitgestaan. Dis wonderlik om te sien dat daar ʼn volgehoue toewyding is om luisteraars te vermaak en in te lig.”

Hiermee die lys van wenners:

“Afternoon drive”-aanbieder:
Kampusradio: Naushaad Maharaj (UCT Radio)
Gemeenskapsradio: Simon Parkinson (Hot 91.9)
Kommersiële stasie: Bongani Mtolo (East Coast Radio)

“Afternoon drive”-program:
Kampusradio: Tuks FM 107.2 The Drive Way
Gemeenskapsradio: Hot 91.9 The Big Joburg Drive
Kommersiële stasie: Metro FM The Drive

Aanbieder van ontbytprogram:
Kampusradio: Tuks FM 107.2 Nicholas Lawrence
Gemeenskapsradio: Mix 93.8 Tony Blewitt
Kommersiële stasie: Kaya FM David O’Sullivan

Ontbytprogram:
Kampusradio: PukFM 93.6 Big Bang Breakfast
Gemeenskapsradio: Radio Today Tom London Breakfast
Kommersiële stasie: KFM 94.5 Mornings with Darren, Sherlin and Sibs

Sake- en finansiesprogram:
Kaya FM – Kaya Bizz

Gemeenskapsprojek:
Gemeenskapsradio: Pretoria FM Oggendkuier
Kommersiële stasie: Algoa FM Big Walk for Cancer

Inhoudvervaardiger:
Kampusradio: Voice of Wits (DJ Keyez)
Kommersiële stasie: Gagasi FM (Mfundo Mabaso)

Middagprogram:
Kampusradio: PukFM 93.6 PukFM Lunch
Gemeenskapsradio: Algoa FM The Algoa FM Top 30

Dokumentêr:
RSG Monitor – Vrouetronk

Dramaprogram:
Motsweding FM (Ogilvy Public Relastions & Creatrix) – Bua le Mmino – Makarapa City

Verslaggewer:
702 en 947 Mia Lindeque

Internet/aanlyn radioprogram:
Pulpit Media Group – I Am Youth

Multikanaalpromosie:
Jacaranda FM – Singing Billboard

Musiekprogram:
Kampusradio: Tshwane FM The Night Pulse
Gemeenskapsradio: Radio Khwezi Night Time Crew
Kommersiële stasie: Vuma 103 FM Sunday Gospel Show

My stasie (meeste stemme):
HOT 91.9

Mees lojale luisteraars:
HOT 91.9

Nuus- en aktualiteitsprogram:
Gemeenskapsradio: Radio Islam Sabahuul Muslim
Kommersiële stasie: Kaya FM The Law Report

Nuusbulletinleser:
Kampusradio: UCT Radio – Naushaad Maharaj
Gemeenskapsradio: Mix 93.8 FM – Helen Desbois
Kommersiële stasie: 702 Tara Penny

Aandprogram:
Kampusradio: PukFM 93.6 Rooiwynsondag
Gemeenskapsradio: Kingfisher FM Masabelane With Tasco
Kommersiële stasie: OFM A Touch of Thabang

Podsending:
Gemeenskapsradio: East Coast Radio #Getreal – Vanessa Goosen

Promosiegeleentheid:
Gemeenskapsradio: Tygerberg 104 FM #Vreesloos2017
Kommersiële stasie: (gesamentlike wenners) Algoa FM Big Walk for Cancer en Jacaranda FM Billboard

Radio-innovasie:
Gemeenskapsradio: Smile 90.4 Amplifying the Good News in the Mother City

Sportomroeper:
Power 98.7 Thabiso Mosia

Sportprogram:
Gemeenskapsradio: Hot 91.9 Hot Sport with John Walland
Kommersiële stasie: Metro FM The Ultimate Sports Show

Stasie-beeld:
Gemeenskapsradio: Hot 91.9
Kommersiële stasie: Power 98.7

Verkeersaanbieder:
Phalaphala FM – Rendy S

Naweekprogram:
Kampusradio: PukFM 93.6 International Top 40
Gemeenskapsradio: Hot 91.9 The Tony Murrell Show
Kommersiële stasie: Munghana Lonene Swhitshongo Top 30

Beurstoekenning:
Adadume Mgadlela

Stasie van die jaar:
Kampusradio: PukFM 93.6
Gemeenskapsradio: Hot 91.9
Kommersiële stasie: Algoa FM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.