JacarandaFM kondig nuwe omroepers aan

Liesl Laurie (Foto: Facebook)

Liesl Laurie (Foto: Facebook)

JacaradaFM het Maandag aangekondig dat twee nuwe omroepers, onder wie ʼn voormalige Mej. Suid-Afrika, van 1 September by dié stasie aansluit. ʼn Aankondiging is ook gemaak oor Bridget Masinga se plaasvervanger.

Dié nuus volg nadat Masinga en Rian van Heerden vroeër aangekondig het hulle roep die radiostasie vaarwel toe.

JacarandaFM het Maandag in ʼn verklaring gesê die omroeper Thabiso “Mack” Rapapali gaan van September in Masinga se plek op weeksdae tussen 09:00 en 12:00 uitsaai.

Rapapali is sedert 2013 betrokke by die stasie. Hy was voorheen verantwoordelik vir die laataand-, naweek- en vroegaandprogramme.

Die voormalige Mej. SA, Liesl Laurie, sluit ook by die stasie aan. Sy sal voortaan verantwoordelik wees vir programme op Sondae tussen 20:00 en 24:00.

Thabiso “Mack” Rapapali (Foto: Facebook)

Thabiso “Mack” Rapapali (Foto: Facebook)

“JacarandaFM is tot dusver ʼn wonderlike reis en droom, en ek onderneem om verder net nog méér vermaaklike programme op die lug te hê,” het Rapapali gesê.

Kevin Fine, die stasie se algehele bestuurder, sê luisteraars is in vir ʼn ding. “Rapapali se talent en dryfkrag het al duidelik geblyk en ons kan nie wag om saam met hom te groei in die nuwe tydgleuf nie. Terselfdertyd is Liesl ʼn wonderlike toevoeging tot die stasie.”

Kriya Gangiah is voortaan ook weeksdae tussen 04:00 en 06:00 op die lug, Johnny Simpson op die naweke tussen 12:00 en 16:00 en Carla Mackenzie op weeksaande tussen 22:00 en 01:00.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Koos ·

Ek wens Diane wil by Bosveld stereo aansluit om die nuus aan te bied dan gaan dit darem ‘n puik stasie word ek luister in elk geval nie Jakaranda nie

Deon ·

Asseblief- een van die groot redes waarom baie van ons juis nie jacaranda luister nie is omdat ons nie Diane se “lag” kan hanteer nie… luister eerder na Freddy Kruger se naels op my kamervenster as na Diane…

Knerries] ·

Stem saam Deon. En sy is bitter erg baie selfbelangrik!

Paul ·

Ja siestog Jacaranda het heeltemal sy identiteit verloor en te hard probeer om soos highfeld te klink. Het nog nooit na Township stasies geluister nie….dankie vir beter alternatiewe….pheew

Ken ·

Dis wat gebeur as jy jou luisteraars se taal en kultuur nie meer respekteer nie en hulle geloof bespot. Julle gaan bly luisteraars verloor.

Basson ·

En die voorbok het destyds RSG toe gehardloop toe slim sy baas gevang het?

Jeanne ·

Koebaai JacarandaFM, so bly daar is ander stasies om na te luister.

Josua Keys ·

Ek wil nie rassisties klink nie maar waarom word n wit persoon met n nieblanke vervang waar kom die BEE hier tersprake, ek het geen probleem met die mense wat die poste gekry het nie en verdien dit seker soos enige ander persoon maar regstellende aksie moet hier ook toegepas word want elke wit persoon by Jacaranda wat die Radio statsie verlaat het was deur n nieblanke persoon vervang, die stasie is nou al so verengels dat n mense glad nie eens meer na die stasie wil luister nie, die stasie was altyd bekend as Radio Jakaranda en toe verander na Jacaranda is daar nie al genoeg Engelse statsies waarna manse kan luister nie.

Sanette ·

Aggg tog. nou moenie daarna luister nie. Luister Groot FM!

Alicia ·

Voorspoed Riaan. Gelukkig weet ek jy steur jou nie aan hierdie klomp suur knolle nie. Ek gaan jou stem mis, maar ek sal jou volg op DSTV :-)

Suurknol ·

Alicia, wat dink jy sal enige ander kultuurgroep doen as n taal en kultuur anders as hul eie op hulle afgedwing word? Bv. het jy n idee hoe die amerikaners reageer noudat daar almeer druk in sekere areas is om Spaans te word?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.