John Robbie groet

John Robie (Foto: 702)

John Robie (Foto: 702)

John Robbie, 702 se bekroonde ontbytprogramomroeper, het Donderdag aangekondig hy gaan die radiostasie in Januarie volgende jaar verlaat.

Die stasie het in ʼn verklaring gesê Robbie, wat later vandeesmaand 61 word, tree begin Januarie 2017 af. Van 9 Januarie sal hy nie meer op 702 gehoor word nie.

“Robbie is sedert 1986 deel van die span en was deel van sommige van die grootste stories en veranderinge in die onlangse geskiedenis. Hy het ʼn groot aanhang ontwikkel en het deel van duisende luisteraars se lewe geword,” het Terry Volkwyn, Primedia Broadcasting se uitvoerende hoof, gesê.

Die huidige middagprogramaanbieder, Xolani Gwala, skuif van 9 Januarie vir die oggendprogram van 06:00 tot 09:00 in Robbie se sitplek in.

Gwala se program sal oorgeneem word deur Redi Tlhabi wat al langer as tien jaar deel is van die laatoggendprogram.

Tlhabi se huidige program sal voortaan deur Eusebius McKaiser aangebied word. McKaiser bied die afgelope drie maande al dié program aan terwyl Tlhabi met verlof is.

“My 30 jaar by 702 was wonderlik,” het Robbie in die verklaring gesê. “Ek is trots op die bydrae wat ek gelewer het en ook trots op die stasie. In 30 jaar, waarvan ek baie as aanbieder van die oggendprogram deurgebring het, was ek nie een keer laat nie.”

“Sterkte aan my opvolgers, dit was ʼn pure voorreg,” het hy bygevoeg.

Lees die volledige verklaring hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Jakes ·

JR het in die laaste jaar of so die pad heeltemal byster geraak en al minder objektief en neutraal begin raak. Ek gaan hom en sy liberale vooroordeel nie mis nie.

Lance ·

Hy probeer so polities korrek wees …maak mens soms naar…. maar verder was hy regtig goed en hy kan op sy voete dink moet ek se

Chris ·

Seker genoeg gemaak en vlug terug vanwaar hy kom. Sy kinder a “studeer” mos oorsee.
Good riddens……..

Cacophony ·

Dis geen groot verlies nie mens kon ook maar net soveel van sy holier than thou snert opvreet.

Gereelde luisteraar ·

Daardie radiostasie was eens so liberaal maar nee, die inbellers is meer EFF en praat heeltyd Ons so sleg. Die luisteraarsdemografie het die afgelope jaar so verander, daar bel deesdae amper niks meer witmense in nie en daar is nog net 2 wit omroepers oor.

BrekvisBedankings ·

Snaaks hoe die eens gewilde oggendaanbieders so bedank, eers Rian en nou hy.

thelsa ·

Last White Man Standing. Dit was duidelik dat die radiostasie al die wit gesigte geleidelik van ontslae raak. Eers was die David O’Sullivan, toe Jenny Crwys-Williiams en nou John Robbie. Ons weet wat die motief is maar dit sal nie hardop in die gange gepraat word nie. Die toilet gemompel spreek harder as die Raadsaal besluite

DC ·

Hy tree g’n uit nie, hy is gevra om te gaan. Dis baie donker daar in 702 se gange….

Kobie ·

Die afgelope jaar het ek soggends geweier om 702 te luister – “Only whites can be racist” … Dit was my laaste inskakeling – Dankie tog!

Waghond ·

JR was ‘n professionele radio omroeper wat diep spore in die uitsaaiwese in die algemeen en Radio 702 getrap het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.