Klankgolf 2024: Bemarking- en netwerkgeleentheid

Maroela het in 2012 die inisiatief geneem om daadwerklik ʼn bydrae in die bevordering en ondersteuning van Afrikaanse gemeenskapsradio te lewer. Omdat die seminaar so gewild en gemeenskapsradiostasies in Maroela se netwerk wydversprei is, word dié seminaar elke jaar ook in die Kaap aangebied.

In 2024 maak ons weer só!

Die doel van die seminaar is om aan gemeenskapradiostasies sowel as internetstasies, wat Afrikaans as een van hul hoof-uitsaaitale het, die geleentheid te bied om met mekaar te skakel en om hoë gehalte opleiding te kry by vooraanstaande mense in die radio- en vermaakbedryf.

Wes-Kaap
18 en 19 Julie 2024
Rondekuil-landgoed
Malanshoogtestraat
Durbanville
Kaapstad

Gauteng
25 en 26 Julie 2024
AfriForum Teater
Greenlyn Village-sentrum,
h.v. Thomas Edison- & 13de Straat
Menlopark, Pretoria

Geleentheid vir diensverskaffers

Daar word aan diensverskaffers die geleentheid gegee om deel te wees van dié seminaar. Die volgende pakket is beskikbaar en bestaan uit die volgende:

  • Uitstalruimte wat ʼn tafel insluit;
  • Een opslaanbanier;
  • Logo of kort bemarkingsvideo (maksimum 60 sekondes, sonder klank) wat tussen sessies vertoon kan word;
  • Promosie-item kan vooraf in elke geskenksakkie geplaas word of uitgedeel word by uitstalruimte;
  • Promosieartikel ter waarde van R10 000,00 op Maroela Media (die inligting vir die promosieartikel word deur die onderneming verskaf);
  • Alle etes vir een persoon ingesluit;
  • Bywoning en deelname ingesluit;
  • Verblyf nie ingesluit nie en moet self gereël word.

Kostes

  • Woon slegs Gauteng of Wes-Kaap by: R2 600 vir twee dae
  • Woon Gauteng en Wes-Kaap by: R4 320 vir vier dae (2 x dae Wes-Kaap, 2 x dae Gauteng)

Vir elke ekstra persoon wat die seminaar bywoon, word die volgende koste by die bogenoemde koste gereken:

  • Woon slegs Gauteng of Wes-Kaap by: R1 000 vir twee dae
  • Woon Gauteng en Wes-Kaap by: R2 000 vir vier dae (2 x dae Wes-Kaap, 2 x dae Gauteng)

Vul die onderstaande vorm in indien jy van die geleentheid wil gebruik maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.