Klankgolf 2024

klankgolf-logo-algemeen-003.jpg

Verlede jaar is Maroela Media se Klankgolf-radioseminaar aangebied ná twee jaar se afwesigheid as gevolg van die Covid-19-pandemie. Ons is baie opgewonde om aan te kondig dat die seminaar vanjaar in die Kaap sowel as in Pretoria aangebied word. Ons is uiters dankbaar teenoor die Dagbreek Trust wat dié geleentheid moontlik maak. Gaan lees gerus meer oor Klankgolf 2023 se Gauteng– en Kaapgeleenthede.

Die datums is soos volg:

WES-KAAP: 18 en 19 Julie 2024                                                                    
Rondekuil Landgoed
Malanshoogtestraat
Durbanville
Kaapstad

GAUTENG: 25 en 26 Julie 2024
AfriForum Teater
Greenlyn Village-sentrum,
H.v. Thomas Edison- & 13de Straat
Menlopark, Pretoria

Uiteraard is dit vir Maroela Media uiters belangrik om ʼn sinvolle seminaar aan te bied wat absoluut waarde gaan toevoeg. Ons vra dus terugvoer oor watter soort onderwerpe in jou kraal gaan pas. Vul gerus die vorm in en laat jou stem hoor voor 22 April 2024.

Vraelys

Baie dankie vir die invul van die vraelys. Ons waardeer dit ongelooflik baie en hoop ons sien julle by Klankgolf 2024!

Groetnis

Die Maroela Media-span

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.