Luister: Kort radiodramas – Die kamer van verlate verhale

Luan Jacobs (Foto: Louis Daniel Botha)

Luan Jacobs het tydens inperking in sy storie-argief gaan rondkrap en in die proses 12 radiostories voltooi. Met die aanmoediging van vriende het hy besluit om dié stories te begin opneem. Met sy oop hart vir die Afrikaanse kunste het Maroela Media besluit om Jacobs te ondersteun en hom toegang gebied tot sy ateljee.  Gaan lees gerus meer oor dié projek.

Die kamer van verlate verhale bestaan uit 12 kort radiodramas elkeen met verskillende karakters en ‘n ander storielyn.

Skrywer: Luan Jacobs
Redigering: Johan Riekert
Tegniese versorging: Marius Vermaak
Opgeneem by Maroela Media

Let wel: Maroela Media was glad nie betrokke by die storielyn en saamstel van die radioproduksie nie. Maroela Media het slegs ondersteuning gebied in terme van die gebruik van die ateljee en verspreiding van die drama.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.