Luister: Môregloed – Episode 120 (Slot)

Moregloed_stad.jpg

Foto: pixabay.com

Dis tyd vir antwoorde. Al wat saak maak, is die feite op die tafel. Dis immers al wat enige hof sal aanvaar. Maar soms wil die waarheid nie gesê word nie. En soms maak dit deksels seer.

Wat presies is Môregloed?

Môregloed is Maroela Media se radiovervolgverhaal van 24 weke, wat op verskeie gemeenskapsradiostasies landswyd uitgesaai word te danke aan Virseker, met ʼn hart vir Afrikaans en Afrikaanse radio. Borgskappe stel ons in staat om minstens een keer per jaar só ʼn radiovervolgverhaal vervaardig.

Luister gerus Môregloed op jou plaaslike gemeenskapsradiostasie – kyk hier na ʼn lys van die stasies wat dit uitsaai en hul uitsaaitye. Andersins kan jy elke dag se episode sommer net hier op Maroela Media kom luister en jy kan inhaal op die eerste klompie episodes wat jy reeds gemis het. Die beste van als? Dis gratis. Want dis wie óns is.

Die rolverdeling is soos volg:

  • Theuns Malan – Anton Dekker
  • Eben de Jager – Antowan Nöthling
  • Griet Kotze – Sulette Thompson
  • Patricia de Villiers – Esmeralda Bihl
  • Elmari Neethling – Su-an Müller-Marais
  • Aletta – Bettie Kemp
  • Lionel Peters – Duncan Johnson

Vervaardiger: Bettie Kemp
Klanktegnici: Marius Vermaak
Skrywer: Joe Kleinhans

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Frieda ·

Môregloed was baie goed, ek kon nie wag vir elke dag se episode!! Ek gaan dit mis!! Ek hoop daar is nog een oppad!!

A ·

Ek het dit ook geniet. Die slot is net bietjie stomp. Daar is nog te veel dinge nie opgelos nie. Kan ons ‘n opvolg verwag?

Vonnie ·

Ek het dit ook so baie geniet!!! Maar dit kan nie so eindig nie! Daar is te veel dinge wat nog nie opgelos is nie. Laatweet asseblief of ons ‘n opvolg kan verwag?

Jacques ·

Ek het die hele ding op Podcast Addict geluister. Ek dink ook daar was te veel goed wat nog in die laaste episode moes uitgeklaar word.

Vuurvreters was vir my baie beter!

Hoe werk radio drama’s? Moet dit 6-7min per episode wees? Moet daar 120 episodes wees? Wat is die reëls vir iets om te tel as ‘n radiodrama?

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.