Luister: Môregloed – Episode 82

Moregloed_stad.jpg

Foto: pixabay.com

Lionel Peters het net te veel skokgolwe losgemaak met sy skielike mededelings dat Elmari Neethling dit net so kan laat verbygaan. Wat doen sy? Aletta de Jongh loop met ʼn ding wat haar bly pla. Wat is dit?

Wat presies is Môregloed?

Môregloed is Maroela Media se radiovervolgverhaal van 24 weke, wat op verskeie gemeenskapsradiostasies landswyd uitgesaai word te danke aan Virseker, met ʼn hart vir Afrikaans en Afrikaanse radio. Borgskappe stel ons in staat om minstens een keer per jaar só ʼn radiovervolgverhaal vervaardig.

Luister gerus Môregloed op jou plaaslike gemeenskapsradiostasie – kyk hier na ʼn lys van die stasies wat dit uitsaai en hul uitsaaitye. Andersins kan jy elke dag se episode sommer net hier op Maroela Media kom luister en jy kan inhaal op die eerste klompie episodes wat jy reeds gemis het. Die beste van als? Dis gratis. Want dis wie óns is.

Die rolverdeling is soos volg:

  • Theuns Malan – Anton Dekker
  • Eben de Jager – Antowan Nöthling
  • Griet Kotze – Sulette Thompson
  • Patricia de Villiers – Esmeralda Bihl
  • Elmari Neethling – Su-an Müller-Marais
  • Aletta – Bettie Kemp
  • Lionel Peters – Duncan Johnson

Vervaardiger: Bettie Kemp
Klanktegnici: Marius Vermaak
Skrywer: Joe Kleinhans

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae