Allegaartjie 2 – Program 3

In hierdie Woensdag se aflewering van Allegaartjie begin ons met nog ʼn splinternuwe reeks ‘Immergroen Ouerskap met Hettie Brittz’. Hettie gesels nou elke Woensdag met Susan Lombaard oor ouerskap en hulle kyk na die Immergroen Ouerskap-kursus se persoonlikheidsprofiele vir kinders. Ons gesels ook met die akteur Anrich Herbst en vertel jou van nuwe klassieke verhoogproduksie uit die pen van Deon Opperman.

Die tenoor, Cobus Venter, en die dirigent, Eddie Clayton, vertel ons meer van Deon Opperman se die verhoogproduksie, Die Skepping Oratorium.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae