Allegaartjie: Konsep 1

Vandag se Allegaartjie skop af met ‘n opsomming van die week se nuus hoogtepunte, ons kyk na die Gauteng e-tolstelsel en hoe dit jou gaan beïnvloed al bly jy dalk in die Wes-Kaap en ons gesels oor ‘n veldtog om die slagoffers van plaasmoorde se stories in ‘n boekemonument te dokumenteer. Ons uitblinker van die week is Ilse Salzwedel, skrywer van die boek Bloedsusters en Deon Opperman en Steve Hofmeyr praat oor die musiekblyspel, Lied van my hart.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae