‘Conscious Caracal’: ’n Eerste onderhoud met Ernst van Zyl oor Twitter

Ernst-van-Zyl-van-AfriForum-het-ook-s

Ernst van Zyl is vir die meeste mense meer bekend as die bekende Twitter-gebruiker Conscious Caracal (@ConCaracal). Hierdie is ’n eksklusiewe en eerste onderhoud met Van Zyl sedert hy homself bekendgemaak het op sy Twitter-profiel. Foto: Forumnuus.co.za

Opgestel deur die Podlitiek-span

In hierdie onderhoudepisode gesels Daniël Eloff en Paul Maritz met Ernst van Zyl. Van Zyl is vir die meeste mense meer bekend as die bekende Twitter-gebruiker Conscious Caracal (@ConCaracal). Hierdie is ’n eksklusiewe en eerste onderhoud met Van Zyl sedert hy homself bekendgemaak het op sy Twitter-profiel.

In hierdie episode bespreek die paneel die rol van alternatiewe media teen die agtergrond van die hoofstroommedia. Van Zyl beskryf hoekom hy glo alternatiewe media sal aanhou groei en al meer luisteraars trek. Hy beskryf die invloed van alternatiewe media as eg en persoonlik omdat alternatiewe media hoofsaaklik deur mense in die verskillende gemeenskappe gemaak word.

In die eerste episode, toe Van Zyl bekendgemaak het dat hy agter die bekende @ConCaracal Twitter-profiel is, vertel Van Zyl meer oor sy agtergrond en waar hy grootgeword het. Van Zyl vertel verder hoe hy deur sy eerste YouTube-video’s wat hy gemaak het, begin het om op Twitter aktief te wees.

Die feit dat sosialemediaplatforms vir hom ’n eensydige perspektief gegee het, het hom aangevuur om ’n stem te wees wat stroomop praat.

Die episode sluit af deur Van Zyl wat vertel van sy skuif na Pretoria en sy nuwe werk. Ons hou hierdie jongman fyn dop!

  • As jy belangstel in die ontwikkeling van Afrikaans as navorsings- en denktaal, dan is hierdie episode perfek vir jou. Podlitiek bring met trots aan jou as luisteraar en leser hierdie langformaat-podsending wat uniek is in Afrikaanse digitale media. Sit gerus die gesprek in die kommentaarafdeling voort, en onthou om Podlitiek op Iono.fm, YouTube en iTunes te volg.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Essa ·

Interressant. Bly ek het hierdie raak gelees en geluister, en sal beslis weer. Goeie wense met jou nuwe loopbaan Ernst.
En defnitief het alternatiewe media ‘n belangrike plek om die ware “eerlikheid” van die hoofstroom media teen te toets.

Demassamedia ·

Ons kort nou nog net ons eie tv programme. Vertel ons asseblief hoe om in te skakel en hoe die twitter ding werk.

Therese van Schalkwyk ·

Drie hoera’s vir die alternatiewe media en komplimente aan die Podlitiek-span!
Onafhanklike menings is ‘n noodsaaklike teenvoeter vir die indoktrinasie wat die eensydige massamedia steeds pleeg.
Wat Suid-Afrika betref, was die “Nazi-saluut”-leuen m.i. ‘n definitiewe keerpunt.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.