Om geld te spaar en slim beleggings te maak, is van die metodes wat jou kan help om jou finansiële onafhanklikheid te verkry. Suid-Afrikaners is egter berug daarvoor dat hulle sukkel om te spaar en dit is geen wonder dat mense nie verstaan hoe om te begin spaar as hulle dan amper nie eers tot die volgende salaris kan oorleef nie.
Ronel Jooste, ʼn finansiële welstandafrigter, het ʼn paar basiese wenke vir jou oor hoe om geld te spaar en sy gesels met Esté Meyer Jansen van Maroela Media hieroor.