Finansiële welstand: ʼn Paar beginsels en ʼn doelwit

ronel-jooste-facebook

Ronel Jooste tydens die bekendstelling van haar boek ‘Financially Fit and Wealthy’ in Aprilmaand. Foto: Ronel Jooste/Facebook.com

Mense lys dikwels ʼn gebrek aan kennis as ʼn rede vir hoekom hulle nie aan hul finansiële welstand kan werk nie. Hulle verstaan nie die terme, markte en produkte nie en daarom voel hulle hul kan nie ingeligte besluite maak nie.

Ronel Jooste, ʼn finansiële welstandafrigter, het twee basiese beginsels wat sy glo finansiële welstand mooi uiteensit.

Jooste bespreek ook finansiële doelwitte met Esté Meyer Jansen van Maroela Media en verduidelik hoe jy by daardie syfer kan uitkom wat jou finansiële vryheid sal verskaf.

Luister na die onderhoud boaan hierdie artikel om meer oor die beginsels en die opstel van jou finansiële doelwitte uit te vind.

[pdf-embedder url=”https://s3-eu-west-1.amazonaws.com/rak2.spens.co.za/maroelamedia/geldfiks-oefenprogram.pdf”]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jouberta ·

Dis so maklik vir jou jonge vrou en Maroela om te praat en te preek oor finsiele vryheid! Weet Julle wat n enkel ma-enkel ouer deur Moet maak elke Maand om rekeninge te betaal vir die kind. So jou bemarkte doelwitte beteken Niks… Want daar is nie geld. Jy wil geld maak, maar jy weet Niks van armoede met n kind. Jy Kan absoluut nie glo om geld te maak met jou boek, as mense sukkel en jy eet steak elke aand. Raak jy armoede men’s fiks!

Valerie ·

Dalk, net dalk moet Ronel Jooste haar van vir so ‘n jaar of wat verander na Van Zyl of Grobbelaar of Jones todat die Markus Jooste skandaal verby is. ‘n Mens wil nou nie hê die dame moet onnodig gestraf word nie, of hoe?

JohanL ·

Enkele gedagtes.

Stap 4 praat van spaar minstens 10% van jou inkomste – puik idee maar meeste mense kan dit eenvoudig nie doen nie. Jouberta hierbo het dit ook duidelik uitgestippel. Stap 10 reken om meer as een inkomstebron te skep. Baie maklik in teorie – in praktyk bitter moeilik. Party mense kry nie eers werk nie (een inkomstebron).

As jy nie (goeie) inkomste het nie, val al hierdie fantastiese idees plat. Vir Stap 7 het jy goeie inkomste nodig.

Die laaste wilde “klip in die boks” – watse kommissie vra die sogenaamde finansiele adviseurs? Ek is nie een nie maar het al telkemale gewonder of ek nie 30 jaar gelede ‘n verkeerde besluit geneem het nie. Miskien moes ek ook eerder in daardie rigting gegaan het? Moet my nie verkeerd verstaan nie – ek gun elke persoon wat werk sy “snytjie van die koek” en geluk en voorspoed. Maar as ek kyk watse luukse motors (en nie net een nie) sekere finansiele adviseurs ry, dan skud ek my kop in ongeloof. Hoekom moet ek met my belegging steeds maandeliks ‘n fooi aan die adviseur betaal, maar ek het hom/haar EEN KEER gesien? Ek laat my nie vertel daai adviseur hersien my belegging op ‘n maandelikse basis nie. Die GROOT adviseurs wat fondse beheer – ja. Maar nie die “gewone” adviseur wat ons as publiek melk nie. Kry elke maand kommissie agv een ontmoeting (advies) – dit is darem lekker.

Dink weer ·

Een ding is ‘n feit, daar bestaan nie negatiewe suksesvolle entrepreneurs nie. Dis asof ons Afrikaners deesdae ook bakhandjies staan en hoop iemand sal kom help. Ek hoor byne elke dag blankes wat wys na hul vel en sê hulle velkleur is mos verkeerd. Dis bog! Jou denke is verkeerd! Enkelma, ek het simpatie, maar weet jy hoeveel enkelma’s werk in ons huise vir R3000 pm sonder om te klae?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.