Finansiële welstand: Só pak jy jou skuldlas

geld-spaar-finansies-berekeninge

Foto: Jarmoluk/Pixabay.com

Die finansiële welstandafrigter, Ronel Jooste, is terug in Maroela Media se ateljee en dié keer verduidelik sy waar jy moet begin met die opstel van ʼn effektiewe begroting.

Jooste beklemtoon ook daardie begroting moet op papier of ʼn spreitabel wees. Dit kan ongelukkig nie net ʼn vae idee in jou kop wees nie.

Sy gee ook raad oor skuld.

Wil jy meer weet van hoe om jou skuld af te betaal en finansiële onafhanklik te verkry? Jooste het saam met Helpende Hand ʼn Geldfiksgids ontwerp wat finansiële onafhanklikheid in 12 maklike stappe uiteensit. Laai die gids hier af en luister na die onderhoud boaan hierdie berig.

[pdf-embedder url=”https://s3-eu-west-1.amazonaws.com/rak2.spens.co.za/maroelamedia/geldfiks-oefenprogram.pdf”]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Herman P ·

Hierdie raad help slegs as jy finansiele dissipline het. Ongelukkig leef meeste mense volgens hulle inkomste net min spaar…

Lynni ·

8 jaar gelede het ons geldelik swaar getrek. Ons skuldlas was meer as ons inkomste. Amper ons huis en motor verloor. Skuld gemaak om skuld te betaal. Bose kringloop. Vandag het ons dieselfde huis wat klaar betaal is en 2 motors wat klaar betaal is. Geen skuld. Hiermee sê ek nie dat ons nou ryk is nie. Ons het geen geld gewen of geërf nie. Ek en my man het nie grade nie en het geen raad gekry van geleerdes hoe om ons skuld af te werk nie. Net dissipline en kwaai begroting het ons gehelp. Met ons skuldeisers gaan praat en nuwe reëlings gaan tref. Ons het bv een jaar ons altwee se jaarlikse bonusse geneem en persoonlike lenings betaal. Elke ekstra geldjie vir skuld gebruik. Net by ons huis gebly en amper nooit uitgegaan. Maar om die blok geloop om uit te kom. Mens kan sonder geleerdes se raad uit skuldlas kom. Ons het.

JohanL ·

Welgedaan en geluk Lynni dat julle julself uit die moeras van skuld kon lig. Haal my hoed af vir julle.

charmaine ·

Lynni, ek stem ons is ook in die proses om presies wat Ronel hierbo noem te doen, ongelukkig het my man ons in n skuld gedompel waarvan ek nie geweet het nie en toe hy geen uitkoms sien moes hy met my en ons kinders daaroor praat, en so het ek hom begin help met alles neeskryf in n spreitabel en ek wil elke maand sy salarisstrokie sien (klink seker wreed) en hy is darem nou al so redelik uit die rooi dis nou al n lig rooi. En soos jy se dissipliene en ek se altyd al het jy n paar rand in die bank jy hoef dit nie te spandeer nie, maak dit elke maand net bietjie meer. Maar nou praat ek uit die huis, hy is n bietjie selfsugtige persoon maar ja ek het hom n alternatief gegee skuld of ek!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.