Luister: Bevoegdheidsertifikate vir vuurwapeneienaars

Dokumente staan opgestapel in die gange van die sentrale vuurwapenregister se kantore in Mei 2021. (Foto: Verskaf).

ʼn Mens hoor dikwels stories van hoe sommige vuurwapeneienaars vir jare gesukkel het om hulle vuurwapenlisensies te kry, ander het eenvoudig weer net besluit om nie hul oupa se rewolwer as erfstuk oor te neem nie want die proses vat net te lank.

Maroela Media het met Ian Cameron, direkteur van gemeenskapsveiligheid by Action Society SA en stigter van FirearmsZA, gesels oor verskeie aspekte van vuurwapenveiligheid.

Cameron verduidelik wat die werklike situasie betreffende vuurwapenlisensies in Suid-Afrika is, en waar dinge in hierdie proses wat veronderstel is om vuurwapenbesit veiliger te maak, dan nou verkeerd loop.

Hy gee ook ʼn paar waardevolle wenke oor hoe om die hele proses van bevoegdheidsertifikate en vuurwapenlisensies vir jouself makliker en eenvoudig te maak.

  • Luister na die volledige gesprek boaan hierdie berig.
  • Luister hier na die gesprek met wenke vir eerste-keer-vuurwapeneienaars.
  • Besoek Firearms.co.za vir meer inligting oor vuurwapenlisensies en ‑opleiding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.