[Luister] Cravenweek, Superrugby se kwarteindronde en die Curriebekertoernooi wat afskop

Johan du Toit, die voormalige afrigter van die Pumas en die Valke, is saam met Hennie Koortzen in die ateljee. Hulle skop af deur te gesels oor die kwaliteit van skolerugby.

Johan Ackermann, die afrigter van die Lions, sluit dan by hulle aan om die uitspeelwedstryde op plaaslike bodem te bespreek. Hy gee ook ‘n blik op wat agter die skerms by die Lions gebeur.

Kobus Wiese, die voormalige Springbok, praat oor die tuisveldvoordeel en Suid-Afrikaanse rugby oor die algemeen in die Superrugby-kampioenskap. Kobus deel ook sy insig oor die oorblywende wedstryde in hierdie reeks, asook die Curriebeker-toernooi wat begin.

Vlok Cilliers, die assistent-afrigter van die Stormers, gesels oor dié span se voorbereiding en die gekose span vir die res van die Superrugby-kampioenskap.

André Watson, voormalige internasionale skeidsregter, takel die netelige saak van die nie-vashou- (oftewel “not held”) reël.

Luister elke Donderdag om 19:05 na Rugby-Radio op Pretoria FM. Besoek ook Maroela Media se rugbyportaal, Pale Toe!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae