Luister: Dié mense is planmakers van formaat

Foto ter illustrasie. (Foto: Jeshoots/Unsplash)

“Die Tipe 6 is altyd dié wat vra: ‘Wat is onveilig?’. Dit is die tipe persoonlikheid wat altyd bewus is van wat verkeerd kan gaan.”

Só beskryf Louis Venter, kliniese terapeut, stigter van Couples Help en Enneagram-kenner die sesde persoonlikheidstipe op die Enneagram, oftewel die lojalis. In die jongste episode van Maroela Media se podsendingreeks oor dié persoonlikheidsmodel, vind ons meer uit oor wie die lojalis is en wat deel van hul persoonlikheidsmotivering vorm.

“As ek weet wat onveilig is, en ek kan daarvoor beplan, gaan dit nie seermaak nie.

“Dit is mense wat reddingsplanne in plek het vir as iets verkeerd sou gaan,” verduidelik Louis.

Louis Venter. (Foto: verskaf)

Die Tipe 6 het waarskynlik kinderdae gehad waartydens hulle alle vertroue aan ʼn gesagsfiguur gekoppel het, iemand wat besluite neem vanuit ʼn plek van vrees.

Die sesse is ook ten alle tye bewus van dit wat nié reg gedoen word rondom hulle nie, en kan dikwels omgekrap word wanneer die mense in hul lewens versuim om dinge op presies die regte manier te doen. Dit lei ook maklik tot konfliksituasies.

“Die sesse is ons duiwelsadvokate, ons lojaliste, en hulle heg baie waarde aan vertroue. Hulle leer ons om lojaal te bly en selfs in pyn bymekaar te bly.”

  • Luister boaan na dié episode van Maroela Media se podsendingreeks oor die Enneagram.
  • Besoek Louis se webwerf, Couples Help, hier.
  • Luister na vorige episodes in die reeks hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.