Luister: Dís nou ware etiket, sê plaaslike butler

Wanneer jy die woord “butler” hoor, dink jy dikwels dadelik aan ʼn man in ʼn pikkewynpak of “Mr. Carson” van die Britse televisiereeks Downton Abbey. Dié interessante beroep is egter nie net een wat in Buckingham-paleis beoefen word nie, maar ook baie werksmoontlikhede wêreldwyd en veral in Suid-Afrika bied.

André Visser het ons selfs ʼn paar wenke gegee om ʼn skinkbord vir kantoorgaste te pak. (Foto: Maroela Media/Jhua-Nine Wyrley-Birch)

André Visser, ʼn geakkrediteerde gasvryheidstudies-opleier en professionele butler, het al gesorg dat talle hotelle, restaurante, skepe, wildreservate en ambassades se personeel puik opgelei word om rykes, bekendes en selfs koninklikes te ontvang en bedien.

Hy het by Maroela Media in die ateljee kom kuier en gesels oor die werklikhede en interessanthede van sy beroep en watter etiketreëls hy voel ons nooit moet laat vaar nie. Hy het ons selfs ʼn paar wenke gegee om ʼn skinkbord vir kantoorgaste te pak.

  • Luister na die volledige gesprek met André boaan hierdie berig.
  • Kontak André  by [email protected] of 082 907 9060 vir ‘n spesiale aanbod vir opleiding.
  • Kyk hier na ʼn video waar André ons wys hoe om ʼn mooi skinkbord vir jou gaste te pak wat tot jou ouma sal beïndruk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.