Luister: Gee jou emosies ‘n naam


Hoe-maak-mens-01

Grafika: Verskaf.

Ds. Deon van der Berg van Lewensverryking Seminare gesels in hierdie uitsending weer met die Kliniese Sielkundige Erich Schoeman oor Bybelse emosionele intelligensie. Vandag word baie prakties gekyk na kern vaardighede wat elke persoon kan ontwikkel om beheer te vat oor hul eie emosionele ontwikkeling. Daar is 5 sake wat hier baie belangrik is en in hierdie uitsending word eerstens gekyk na hoe jy moet leer om jou self vinnig te kalmeer, om jouself te leer ken en te weet wat jou trigger en (2) om jou emosies vinnig ’n naam te gee en jouself die geleentheid gee om jouself in baie meer diepte uit te druk.

  • “Hoe maak mens” is ʼn weeklikse klankinsetsel waar ds. Deon van der Berg van Lewensverryking Seminare met verskeie kenners oor huwelike en verhoudings gesels

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Barend ·

Baie dankie vir die rubriek. Die onnodige Engelse woorde tussenin is net baie hinderlik – Afrikaans kan immers tog! (Ek praat nie van direkte aanhalings uit een of ander Engelstalige geskrif nie wat egter ook maar gerus in Afrikaans weergegee kan word. Veral nou dat Afrikaans onder soveel druk is, dink ek het ons ‘n plig om ons taal suiwer te hou.)

Sune van Heerden ·

Dagsê Barend

Baie dankie vir jou terugvoer.
Die klankgreep word vir Maroela Media vervaardig deur ds. Deon van der Berg van Lewensverryking Seminare.
Terugvoer oor die klankgrepe van ons lesers word baie waardeer, ons stuur dit aan die samesteller.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.